Overview of Barberton Primary School’s history

The head leaders, Meron Sharge, Johnny Strydom, Langelihle Mathentwa and Langelihle Nkosi. Insert: Robert Naudé, principal.

Overview of Barberton Primary School’s history from 1886 to 1951

Barberton Primary School started out in October 1886 as Barberton Government School.  The first teacher was Maria (Marie) Elizabeth de Jongh who started teaching from out of the courthouse. The courthouse was used in the mornings for school with the court using it in the afternoons.

Marie was rather taken aback to find from tiny tots to bearded men and even women older that she was in her class. All of them had one thing in common, they were all going to school for the very first time and all of them started off on the same level.

There were many different nationalities in the Barberton area, and Marie, who was multilingual, ran one of the first truly bilingual schools where everything was said in English, repeated in Dutch, and explained in Afrikaans, when necessary.

In 1888, the government school moved to the Royal Albert Hall. Cockney Liz, who was the most famous barmaid in town, built the Hall, moved into it on 17 July 1887 and left town the following year. Market Square and the streets were the playground of the pupils. A huge Marula tree also stood there which the children climbed in or played in its shade.

School then moved for a short period of time to the Dutch Reformed Church that stood in Alexandra Road. There were pews in the front of the church and desks at the back. Pupils were not allowed to venture into the front of the church. Mrs. Beardmore was the teacher and there was enough open field around the church where the children could play.

After the South African Boer War (1900-1902), the new government school was built where NTT Toyota’s showrooms are today and the corner stone was laid by Sir Alfred Pease on 30 December 1903. When the new school was built on the premises, where it is situated today, the government school, was closed and demolished. The cornerstone was removed and can today be seen at the entrance to the Primary School.

During the removal it revealed a lead box containing a copy of the ‘Goldfields News” dated 18 December 1903, and a scroll bearing the names of the then Director of Education, Fabian Ward, the Inspector of Schools, H.P Mills, the names of the school committee, the school staff and 209 pupils.

The demand for education grew to such proportions that this building became too small within a few years and in 1911 the first classrooms on the site where the school is situated today were erected.

In 1940, the problem of boarding pupils were finally resolved when the hostel was build that could accommodate 80 children. Further hostel facilities were needed over the following years and in 1951 two additional buildings were opened and the hostel could now house 170 pupils.

The next necessity was a suitable sports fields and during 1951 a fete was held and part of the £1 000 raised was used to purchase the sport field known as Bouwer Park today.

Over the next years the school continued to grow from strength to strength, serving a varied community and offering the best in education available.

Mnr R.C Naudé
First Elementary School

Laerskool Barberton, die nalatenskap van 120 jaar

Mnr Robert Naudé, huidige skoolhoof se boodskap:

Wanneer die 120ste bestaansjaar van ‘n skool gevier word, is dit waarlik ‘n merkwaardige en geskiedkundige geleentheid.

Toe die hoeksteen in 1903 gelê is, is dit sekerlik gedoen met sekere verwagtinge van die dorpsgemeenskap, soos dat die skool die gemeenskap sal dien met effektiewe onderrig en opvoeding.  Die opbou van ‘n gemeenskap en dus ook die skool, neem tyd.  Om so lank steeds staande te bly as skool, spreek dus boekdele van die skool en ook die gemeenskap van Barberton en mens besef dat tyd vir niemand stilstaan nie en dat deur die 120 jaar, die skool baie veranderinge moes deurmaak.

Every child deserves a good education. Building people up requires energy, passion, eagerness and determination.

Life is busy with each of us. Yet the fact shows that even after 120 years, we all have time for what is important; which is cherished, loved, valued, and held close to our hearts at Barberton Primary School, the holistic education of our children.

Some of our most valuable possessions we have are time and attention. If time is the most valuable and precious thing we have, it is also the most precious thing we can give. It has been throughout the years and is given to pupils at school every day.

Die lewe is kort. Wat na ‘n lang reis gelyk het, lyk nou soos ‘n oogwink, ‘n droom, ‘n bladsy wat omgeblaai is. Tyd sal sy vinnige gang loop. Ek wonder hoe Laerskool Barberton in die toekomstige jare gaan ontwikkel, veranderinge gaan beleef en ‘n baken van hoop gaan wees.

As ons terugkyk na ons eie skooljare, onthou ons dat daardie dae gevul was met lewendige aktiwiteite met elkeen van ons wat bygedra het tot die akademiese en ko-kurrikulêre aktiwiteite van die skool. So het Laerskool Barberton oor die afgelope 120 jaar pragprestasies deur wonderlike presteerders gelewer. Die skool is waarlik ‘n baken van uitnemendheid, en Laerskool Barberton is met reg trots op ons prestasies!

Classes look very different these days and pupils learn in new ways. Technology offers us many tools to motivate our children to always learn more. Barberton Primary School has also not been left behind with the use of technology in the classrooms. The support that learners get at a school goes a long way in helping them to continue their development and education.

These days the world news is dominated by uncertainty and fear. In these challenging times, people look for leaders who are often found at their school and among their teachers.

Ons skool moet altyd ‘n baken van hoop bly in uitdagende tye. Die wêreld mag baie verander het, maar een ding het nie en dit is dat Laerskool Barberton, se verbintenis tot ons kinders se opvoeding, altyd onwrikbaar sterk sal wees.

Mag die volgende 120 jaar vir Laerskool Barberton geseënd wees en gevul wees met voorspoed en sukses op alle terreine! Wat ‘n voorreg is dit vir almal van ons om deel te hê aan die geskiedenis en ook die toekoms van Laerskool Barberton!

Die ontwikkeling en die vooruitgang van die skool

Die amptelike hoeksteen vir ‘n geskikte skool in Barberton is in 1903 deur Sir Alfred E Pease, die magistraat van Barberton, gelê. Die nuwe gebou is nog in dieselfde jaar amptelik in gebruik geneem. Volgens geskiedenisanale wil dit voorkom of die nuwe skool ‘n hoërskool was en dat die laerskool ‘n privaaatskool was.

In 1908 blyk dit dat daar ‘n samesmelting van die laer en hoërskool was met Mnr J B Drake as hoof. Hy is opgevolg deur Mnr A. R Dallas in 1910 en toe word Mnr G. A. B Swords hoof van wat toe moontlik die “Secondary School” genoem is. Hy was ook van 1904 to 1907 Hoof van die “Elementary School”.

Die nuwe skool word in 1911 gebou op die perseel waar dit vandag staan. Alle onderrig het in Engels plaasgevind tot en met 12 Maart 1912 toe die Direkteur instruksies gegee het dat parallelmedium-onderrig, m.a.w in Hollands en Engels moes plaasvind. Op 11 Augustus 1927 word Afrikaans vir die eerste keer in die skool gebruik.

Mnr Paul Davies word die skoolhoof in 1930 en dit blyk dat die Afrikaanssprekende leerlinge nou in die meerderheid was. Dit word ook nodig om ‘n koshuis te bou en in 1940 word die eerste koshuisgangers ingeskryf. Dieselfde jaar word daar ook aanbouings by die skool gedoen. ‘n Moderne huishoudkundesentrum word gebou asook ‘n houtwerksentrum en vier nuwe klasse.

Bouwerpark, die huidige sportterrein, was nie altyd deel van die skool nie. In 1950 het ‘n oud-Springbokatleet, Mnr N. J Wessels hoof geword en het hy die behoefte vir ‘n sportterrein raakgesien. In 1951 word daar toe £1 000 (±R2 000) tydens ‘n skoolkermis ingesamel vir die aankoop van die terrein en word die sportgronde ontwikkel.

Mnr L.J Bouwer volg Mnr Wessels op as skoolhoof en die sportterrein word na hom vernoem. Op 12 Desember 1955 vind die skeiding tussen die hoërskool en die laerskool plaas. Die laerskool dra die eerste formele skooldrag in 1961.

In 1963 word Mnr Terblanche as skoolhoof aangestel en twee jaar later word die huidige skoolsaal in 1965 gebou. Verdere ontwikkeling is nodige soos wat die getalle van die skool groei en die swembad word op 17 Oktober 1967 ingewy.

Mnr J.P van der Merwe word as skoolhoof in 1976 aangestel en gedurende sy hoofskap word drie tydelike klasse langs die donga opgerig. In 1987 word Mnr P. Pieterse as hoof aangestel.

Die besef dat daar ook voorsiening gemaak moet word vir leerlinge met spesiale leerbehoeftes word raakgesien en die LSEN klas sien die lig.

Die relatief klein mediasentrum word vergroot en gemoderniseer in 1989 en in 1991 word ‘n buitelugsentrum wat die vak wetenskap meer interessant vir die leerlinge maak ingewy. ‘n Jaar later kry die skool ‘n snoepie.

In 1994 wat saamval met die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika word Mnr J.C de Waard die skoolhoof. Die oorgangsfase in die onderwys in die hele land was nie ‘n maklike proses nie en vele vure moes deur Mnr De Waard en sy personeel doodgeslaan word.

Nietemin gaan die skool van krag tot krag en in 1997 word die rekenaarsentrum opgegradeer en uitgebrei na 40 rekenaars.

‘n Besluit word geneem om die koshuis te sluit in 2002. Die koshuisgangers het al hoe minder geword wat die uitgawes nie meer geregverdig het nie.  Daar word besluit om die geboue beter te benut en in 2003 verwelkom die laerskool die eerste gr R klas. Die eerste onderwysers was Me Karen Heunis en Me Liana Nieuwenhuis. Vandag huisves die geboue die Gr R en RR klasse en is die res van die geboue omskep in woonstelle vir onderwysers.

Die eetgerei wat in die koshuis gebruik is, word afgeneem na die nuwe lapa wat op Bouwerpark gebou word. Onderwysers het nou ‘n kuierplek vir funksies en ander skole se onderwysers word ook hier onthaal tydens sportbyeenkomste.

‘n Verdere uitbreiding by die skool is die amptelike inwyding van die leeslaboratorium op 16 April 2006. Die laboratorium spog met 44 rekenaars wat elke leerling in die skool die geleentheid gee om sy of haar leesvernuf te verbeter.

‘n Nuwe toiletgebou word op Bouwerpark in 2013 ingewy, ‘n jaar nadat Mnr R C Naude by Mnr De Waard oorneem as skoolhoof. Bouwerpark kry ook ‘n nuwe snoepie waar verversings gedurende sportbyeenkomste verkoop word.

Daar word ook besluit om die skooldrag te moderniseer en in 2013 word die huidige skooldrag ingefaseer. Die skool moes ook tred hou met die probleme en uitdagings van die 21ste eeu en ‘n voltydse maatskaplike werker word in 2018 aangestel. Dit word opgevolg met die aanstelling van die eerste voltydse arbeidsterapeut in 2023.

‘n Seremonie wat die fondasie van die bou van die goewermentskool begin in 1903.
Die nuwe “Government School” soos dit in 1907 gelyk het.
Die skool het ook sy eie kadetorkes gedurende die vroeë jare gehad.
: Die onderste speelgrond soos wat dit in 1972 gelyk het.
The learners in the ICT centre.

Keeping up with latest technology

To keep up with advanced technology it was envisaged that Barberton Primary School needed a computer centre. It was small beginnings and today boasts a large centre with 40 desktop computers, solely for IT use.

As early as 1993, the year in which Mr P Pieterse was principal, 10 computers were installed in a classroom situated next to the library. Teachers were afforded the opportunity to bring their class, once a week, to use one of two programmes – maths and language. The rest of the classroom space was an audio visual area with junction boxes, slides, and a television. Quite revolutionary for those years.

 

Shortly after Mr J.C. de Waard became principal, he identified the need to extend the computer centre. Funds were requested from the SGB in 1997 to start the first ever ICT centre in our area. No less than 40 state of the art computers were installed which ran off one standalone desktop as a server. The hardware on each computer was identical. Two teachers, Ms Elaine Buckle and Ms Liesl Stighling were identified to operate in the centre and had to start from scratch. Many errors were made in the beginning as there was no other school in the Lowveld to get ideas from.

 

Ms Stighling was responsible for the grade 1 to 4 classes as well as the SpEd class and Ms Buckle taught the senior classes. From 1999 Ms Buckle ran the centre alone until 2018 when she retired. Ms Magda Grobbelaar took over from her.

 

Mr Theo van Rensburg from Nashua, did research amongst leading companies ascertaining which areas in computer technology needed to be taught so that young applicants could be better prepared for the workforce. The ICT centre finally became operational in 1998. “I remember how scared we all were… of the computer mouse, believe it or not… the ones that worked with a ball which constantly had to be cleaned. Loading a programme was done with a number of floppy discs, one computer at a time. Networks – goodness, highly specified stuff that! Exhausting and so primitive if I think back now,” smiled Ms Buckle. Microsoft Suite was taught and with time, other Lowveld schools came to see the success of the centre and the running thereof, learning from all the teething problems and errors.

 

With time, the internet was added and many educational programmes, computer skill related, were purchased. To raise much needed funds for the centre it was used for adult computer skills in the evenings. This was well supported by the community enabling sorely needed funds to be collected and ploughed back into the centre.

 

“The secret to the success of the ICT centre lay in the continual upgrading and implementation of more modern methods and technology. The computers and peripherals were replaced every five years and again, the community were only too happy to purchase the old computers, yet again, assisting with the financial burden of the centre,” Ms Buckle concluded.

 

Today, keeping up with technology, every classroom is equipped with a data projector, Wi-Fi and internet and every teacher has a laptop which assists in the teaching process. Work can be prepared at home and shown on the projector in class.

Pupils busy in the ICT centre today
Ms Jenny Meerholz using the overhead projector to teach English language in the grade 5 class

Leeslaboratorium help die leerders met lees

Lees is een van die belangrikste aspekte wat aangeleer moet word op laerskoolvlak. Die beplanning van ‘n leeslaboratorium het uiteindelik die lig gesien in 2006. Me Marietjie Pienaar was die eerste leeslaboratorium Juffrou en was nou betrokke met die beplanning daarvan.

Die laboratorium is amptelik in gebruik geneem met die aanbreek van die tweede kwartaal op 16 April 2006. Die sentrum was toegerus met 41 rekenaars en sagteware wat bestaan uit Windows, Reading Excellence en Leesvreugde.

Sonder die donasies en fondsinsamelings wat die skool en die gemeenskap aangepak het, sou die leeslab nie ‘n werklikheid kon word nie. Hier moet veral genoem word dat die Rotariërs ruim bygedra het. Nie net is die nodige rekenaars en programme aangekoop nie, maar daar was ook donasies vir gordyne, strooikussings en leesmandjies met boeke in.

Die graad 2 tot 7 leerlinge het amptelik van 6 April 2006, met die aanvang van die tweede kwartaal die laboratorium begin benut. Elke klas het een maal per week ‘n leesperiode gehad.

In die derde kwartaal is daar ook met remediërende lees in die middae begin om die leerlinge wat identifiseer is met leesprobleme in die fondasiefase te help. Verskeie onderwysers was hierby betrokke. Dit het in die middae plaasgevind en dit was ongelooflike om die positiewe resultate te sien.

Na Me Pienaar se aftrede was Me Elza Retief die leeslaboratorium vir een jaar voor Me Annatjie Jacobsz die belangrike pos oorgeneem het in 2017.  Sy het ook ‘n nuwe leesprogram aangekoop, naamlik “Academic”. Me Lynette Spencer het in 2023 oorgeneem na die aftrede van Me Jacobsz.

Vandag spog die leeslaboratorium met 44 rekenaars. Elke leerling in die skool van gr 1 tot 6 kry ‘n geleentheid om een maal per week na die leeslaboratorium te kom. Die remediërende leesklasse gaan steeds voort twee middae van elke week vir gr 2 leerlinge met tans 11 onderwysers wat optree as leesterapeute.

Leerlinge in die leeslaboratorium
Leerlinge in die leeslaboratorium
Me Rolien Boehme en Me Adri Claasens besig met remeriërende lees.
Me Anneli de Coning en Me Cindy Freitas besig met remeriërende lees.

Gr R and RR form the foundation of every young child

Sending your child to attend a Grade R and RR class in any school or nursery school is vital if you want your child to be well prepared for Grade 1. In Grade R, children officially become learners, in the language of schooling.

During these two years, children are developed informally, physically and emotionally in all fields necessary for formal learning. Learning through play is of the essence.

By the end of Grade R, your child should have mastered all the necessary skills to make the formal learning process enjoyable rather than facing many obstacles. Developing these skills in Grade R will give your child an advantage when they get to Grade 1.

When the decision was made to close down the hostel of Barberton Primary school in 2003, the question arose of what to do with the hostel building? At this stage the primary school also realized that many children starting their school year in Grade 1, has never attended a nursery school and those children were far behind their class fellow learners. For this reason, it was decided to utilize a designated area of the hostel building for Grade R and RR classes.

Two classes were started in 2003 with Ms Karen Heunis and Liana Nieuwenhuis as the first teachers. Each Grade R class consisted of 25 learners and it was very clear from the start that the need was great. The classes were set up on the top story of the hostel, since other activities still took place in the process of closing down the hostel.

Two years later, in 2005, it was decided to start a Grade RR class as well, and Ms Anneli de Coning was appointed as their teacher.

Today the three classes have moved down to the ground floor and they have a fenced-in playground. Ms Nieuwenhuis has left which had Ms De Coning move up to the Grade R class and Ms Milla Joubert was appointed in the Grade RR class. Currently we have two grade R, and one grade RR class.

Karen Heunis busy in her Gr R class.
Merle Joubert with the Gr RR class.
Gr R’s enjoying their play area with Anneli de Coning keeping a watchful eye on them.
Gr R’s enjoying their play area with Anneli de Coning keeping a watchful eye on them.

Extra-curricular activities

Academically, Barberton Primary School pupils compete favorably with other schools in the district. This is largely due to the dedication and qualifications of the teaching staff who are implementing the CAPS policy successfully and in accordance with the National Education Policy.

Not only does the school focus on academics, but it is important that the pupils have a balance between academics, sport, and cultural activities. They are encouraged to participate in extra-curricular activities.

The school offers a variety of extra-curricular activities. On the cultural front, the pupils take part in the Afrikaans ‘Redenaars’ competition which leads to the ATKV competition. The highest level of this competition is at national level where the school has been represented. The Orators competition at grade level, where pupils deliver addresses on various subject of choice, are held each term for the English learners.

Three culture filled weeks are held each year consisting of a music week, an English Speech Festival where pupils recite poetry and an Afrikaans week where pupils participate in drama, poetry, reading and spelling competitions. Pupils take part in the annual Eisteddfod held in Nelspruit and the Education Department’s Culture Day. The school also has a junior and senior choir. An annual concert or musical is usually held in the third term.

On the sports front, pupils are encouraged to take part in at least one of the 7 sports available. These include rugby, cricket, hockey, netball, swimming, athletics and chess. Through the past years, several pupils represented the school on national level in rugby, netball, hockey, soccer, athletics and chess

All provincial primary school sports events have seen their share of Barberton Primary pupils.

SA athletic champions in 1982. From the left are Ms A Engelbrecht (coach), Marjan Bakker (long jump), Robert Conear (high jump) and Ms A Vermaas (coach)
Tennis team in 1982. From the left are Ms L Duncan, M. Lemmer, A. Guthrie, Mr P. van der Merwe (principal), A. Writh, B. Archer, and Ms M de Klerk, with in front G. Theunissen and D. Evans.
Athletics team captains during 2003 when the school celebrated its 100th birthday was Monique van der Merwe and Nkululeko Ndlovu here seen with Lourenca Meerholz (headleader)
We are very proud of the Springbok rugby player Sbu Nkosi who was a pupil at our school.

Erhard Krüger, waarnemende hoof in 1993/94 skryf:

Ek was waarnemende skoolhoof in 1993/94, tydens die politieke oorgang.

Met die opedag, einde 1993, het die indiër en swart ouers ook die geleentheid bygewoon.

Me Swanepoel, die ontvangsdame, in diens het my uit die saal kom roep toe die berede AWB en hulle gades voor die skoolsaal opgedaag het om die ouers van kleur weg te jaag. Die polisie moes intree.

Dit was ‘n baie spanningsvolle en politiese tyd.

Die direkteur, dr Ken Payne en die adjunk direkteur, dr Boshoff, was daagliks met my in gesprek.

Die destydse SBL het voorgestel dat my vrou vir die gr1 kinders in die Gereformeerde Kerk, oorkant die skool, skoolhou. Dit is afgewys omdat dit diskriminerend sou wees.  Daar was hofsake.

Intussen het die kinders, met die aanvang van 1994 se skooljaar, na die “township” skole gegaan.

Die hof het beslis dat die kinders toelating tot Laerskool Barberton moes kry, ek dink teen week 4 tot 6 van kwartaal 1. Hulle juffrou was Laurette Duncan.

Toe die hof beslis het dat die kinders skool toelating gekry het, moes ons skoolklere uit die skoolkoshuiskaste haal om die outjies te klee, omdat die winkels reeds toe was na onderhandelings en die kindertjies moes die volgende dag inklok.

Ek en my vrou het in geheimhouding, daardie aand die ouers in ons koshuiswoonstel ontvang en hulle kinders geklee. Die volgende oggend is die kinders geklee en gestewel, onder polisiebeskerming, tot Laerskool Barberton toegelaat.

Die AWB, onder leiding van ‘n ene Kruywagen en Crafford het al die SBL vergaderings probeer ontwrig. Ons moes oral, in geheimhouding, vergader.

Ds Trix Truter, Peter Lea en Riaan Lemmer was, onder andere, lede van die SBL gewees.

Dit was ‘n traumatiese tydperk vir die skool gewees.

Baie sterkte met jul reëlings vir die 120 jarige vieringe.

Erhard Krüger
Erhard en Pikkie Krüger

Boodskap van voormalige skoolhoof

Mnr Jan de Waard skryf:

Dis slegs heel uitsonderlik dat mense ‘n ouderdom van 120 jaar bereik. Dit sou dan ook nie  verkeerd wees as ons so ‘n persoon as stokoud beskryf nie.

En tog sou so ‘n beskrywing total onvanpas wees by ‘n skool en dan nog verder by ‘n Laerskool.

Maar daar is tog enkele ooreenkomste tussen die lewe van ‘n mens en die leeftyd van ‘n skool. Laerskool Barberton het soos meeste skole en ander opvoedkundig instansies wel ‘n baie beskeie begin wat oor jare gegroei het en ook nie sonder groeipyne nie. Mettertyd kom die mondigwording van die skool en kom daar koers en bestendigheid en word die naam en die reputasie, die tradisie van ‘n skool gebou. Aan hierdie reputasie het elkeen wat aan die skool verbonde is, die hoof, die personeellede, elke leerling en ouer, ‘n aandeel.  Elke woord en daad binne die skool of in verband met die skool, het ‘n kleiner of groter bydrae om die gees en tradisie te help uitbou.

Tog is daar dinge wat oor al die jare dieselfde bly en dit is veral die doel van ‘n skool.

Van die eerste bestaansjaar van die skool is daar voluit gewerk, deur toegewyde personeel, om die leerders van die skool se volle potensiaal te ontsluit. ‘n Ware onderwyser stel nie sy eie belange eerste nie en werk nie vir roem nie, maar vir ‘n veel dieper roeping, sy en haar liefde vir kinders.  Dit sal steeds die hoofdoel van die skool se bestaan bly en sal ook onveranderd bly vir so lank as wat daar leerders is wat sorg en onderrig nodig het.

Laerskool Barberton het in sy beskeie bestaan ‘n trotse tradisie en dit kan veral gemeet word aan die suksesse van sy leerders oor al die jare heen.  Die skool se oud-leerders is letterlik oor die hele aarde versprei.  Vanaf die verre weste; die Amerikas tot in die verre oosterse lande in Australië en Nieu-Seeland. Ooral vind jy oud-leerders van Laerskool Barberton.  Die skool se oud-leerders bevind hulle ook op alle terreine in die samelewing van top presteerder in sport, baanbrekers in die wetenskap, in die handel in finansies en noem dit, hulle is daar, besig om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak.

Al hierdie oud-leerders het hier by Laerskool Barberton geleer lees en skryf, die basis is hier gelê en op hierdie basis het hulle met ywer gebou om so hulle waardevolle bydraes tot die samelewing te kon lewer. Daarom is ons ook baie trots op elkeen wat deur woord en daad die skool erken en haar naam hoog hou, wat met trots terug dink aan hulle skool jare.

Wat vier die skool dan met sy 120 ste bestaansjaar? Die skool se ouderdom? Nee hoegenaamd nie, want anders as mense kan ‘n skool nie oud word nie. Wat vier ons dan? Ons vier die genade wat die skool sy personeel sy leerders en sy ouers oor al die jare ontvang het. Die genade in goeie en voorspoedige tye, maar ook die genade in moeilike tye, waarvan daar vele was oor die 120 jaar.

In die begin jare van die skool was die dorp besonder bedrywig. Goud was die “gonswoord”, die spil waarom alles gedraai het. Die skool is gestig en die leertaal was Engels. Die Anglo boere oorlog was net agt jaar verby en nog vars in die geheue. Daarna volg die depressie jare van 1929 tot 1933 en die mees onlangse, die Covid pandemie uitbreek. Dit was alles tye met besondere uitdagings, maar daarom ook tye van besondere genade. Dan was daar ook jare van voorspoed wat ook ‘n groot genade is.

Dit is alles groot redes om fees te vier en mag elkeen wat hom of haar met die skool vereenselwig, of jy nou fisies die fees bywoon, of in jou hart saam fees vier, bly die genade van ‘n liefdevolle Hemelse Vader die sigbaarste van alles.

Mag elke leerder en elke personeellid en almal wat aan die skool verbonde is en wat deel is van hierdie feesviering ‘n onvergeetlike jaar beleef.

In my hart bly ek een van julle!

Seën vir julle almal.

Jan de Waard

Koshuis iets van die verlede

Met die vinnige groei van die laerskool het daar ‘n behoefte ontstaan vir ‘n koshuis. Verskeie leerlinge het van ver af gekom om onderrig te ontvang en na vele vergaderings, beplanning en fondse insamel is daar besluit om ‘n koshuis te bou op die hoek van Generaal- en Hillarystrate.

Die hoeksteen is in 1939 gelê en in 1940 het die eerste 80 leerlinge in die koshuis ingetrek. Binne tien jaar was dit duidelik dat die koshuis te klein is en is twee addisionele geboue aangebou en kon die koshuis nou 170 leerlinge huisves.

Verskeie onderwysers het ook in die koshuis gewoon en diens gedoen. In 1994 word daar verbeteringe en opgraderings by die koshuis aangebring. Vog het in die mure ingetrek en die mure moes oopgekap en behandel word voor die weer gepleister en geverf is. ‘n Windstorm het ook vroeër in die jaar ‘n gedeelte van die dak afgeruk en daar word besluit om die hele dak op te knap en ook die haelskade van 1990 te herstel.

Met die demokratiese verkiesing in 1994 en die oopstelling van die skole het die getalle in die koshuis geleidelik afgeneem en in 2002 word die besluit geneem om die koshuis se deure te sluit.

Daar was ’n behoefte om gr R en RR klasse te begin en ‘n vleuel van die koshuis word hiervoor ingerig. In Januarie 2003 begin die eerste voorskoolse klasse hier onder die leiding van Me Karen Heunis en Me Liana Nieuwenhuis.

Verdere verbouings en verbrekings vind ook plaas om woonstelle vir onderwysers in te rig.  Op die manier word die geboue van die skool steeds sinvol gebruik.

Die koshuistannies wat nog werksaam was tot en met die toemaak van die koshuis was tannies Marie Oche, “Van” Van Niekerk en Lenie Whiteman.
Hoof ingang van die koshuis soos dit vandag lyk.
Die hoeksteen wat gelê is met die inwyding van die koshuisgeboue in 1939.
This article appeared in the local newspaper in 1965. The cornerstone of the old Government School was removed to incorporate into the new school hall that was built in 1965 on the new school premises in Stanley Street. It was quite an interesting find.

Boodskap van voormalige skoolhoof

Mnr Pieta Pieterse skryf:

Dis reeds meer as 30 jaar dat ek weg is van Barberton af. Ek is die oudste oorlewende skoolhoof
van Laerskool Barberton (ons is net twee – ek en mnr Jan de Waard wat my opgevolg het). Ek was in die 80’s en 90’s van die vorige eeu hoof van die Laerskool. Dit is vir my ‘n groot voorreg dat ek gevra is om ‘n paar woorde te skryf vir jul 120ste feesjaar.

Volgens Shakespeare is daar nie goeie of slegte situasies nie. Die benadering van ‘n krisis, volgens hom, word bepaal deur wat ons daarvan dink. Jy moet jou denke verander en in alle situasies maniere vind om positief te dink. My leuse tydens my hoofskap was nederigheid en positiewe denke. Ek het gepoog om dit uit te leef en oor te dra. Ek was werklik trots op die skool wat in my tyd gegroei en ontwikkel het as ‘n skool om mee rekening te hou in die Laeveld.

Een voorbeeld is die atletiek – die skool het vir jare vyfde of sesde gekom (uit ses skole!) tydens die interskole byeenkoms – met harde werk het ons opvoeders/afrigters gesorg dat ons elke jaar beter presteer en na vier jaar die byeenkoms gewen het.

Dit is egter nie ek wat dit alleen bereik en bevorder het nie, maar ‘n span lojale personeel en ‘n uiters ondersteunende ouersgemeenskap. ‘n Opgewonde en “uit-sy-kassie” trotse Pa het daai aand vir my ‘n bottel 10jr-KWV by ons huis vir my kom gee! Hoewel ek nie eintlik alkohol gebruik nie, het ek agterna besef dat dit eintlik ‘n duur gekenk was …

Die skool het gereeld pragtige komplimente ontvang. ‘n Bewys dat ons as opvoeders en ouers geslaag het om suksesvolle en positiewe leerders te ontwikkel. Sonder ouers wat hard en getrou hul ondersteuning, betrokkenheid en kant bring, kan geen skool suksesvol wees nie. Ek het net die hoogste waardering vir die groot ondersteuning en betrokkenheid van ‘n uiters lojale ouergemeenskap in my tyd as skoolhoof in Barberton. Baie baie dankie!

Ek en my gade, Marie, het in Kleinmond (by die see!) in die Overberg kom aftree en bly nou al 12 jaar baie gelukkig in Gerimed Ouetehuis in Kleinmond. Maar … Barberton sal altyd ‘n sagte plek in my hart hê!

Baie baie geluk met jul 120ste verjaardag en mag Laerskool Barberton steeds net van krag tot krag gaan!

Marie en Pieta Pieterse

Social worker a must at schools today

The school social worker is a vital member of the School based Support Team in the school, as she handles all matters concerning the psychosocial well-being of the children is the school.

At present, Zuzile Ngwamba is the social worker at Barberton Primary School and she is a vital member of the staff. She can address social issues a pupil might experience and give counselling before it affects the child’s academic performance.

According to Zuzile, she conducts intake services, interviews the parents of the children concerned and offers play therapy and other forms of therapy where necessary. She also makes referrals to psychologists and other welfare organizations.

In addition, she works closely with the CMR office who assists in conducting home visits, provide case work services to parents in need, assists in social relief services, court appearances, gives motivations for subside applications and psychosocial therapy.

“The symbiotic relationship between the school and the CMR is a very productive one which is goal driven and yields desired results in most cases. The school is honored to have the support of organizations that extends their assistance where the school cannot. We hope that other stakeholders will also be interested in contributing positively to the functioning of this office,” she concluded.

Zuzile Ngwamba

Skoollied

Geskryf deur S E J Terblanche

Gekomponeer deur E Terblanche

 

Dis Barberton se kinders

wat julle nou hier sien.

Om te werk en te speel en te dien

van jongs af aan.

Dis ons lewe om te strewe

vir ons land, ons skool en gesin.

Ons praat maar min, want ons leuse is:

Wie himself oorwin, oorwin.

The children you are hearing

all come from Barberton.

We al work and play and serve

from very young.

We are striving and surviving

for our country, school and family.

We don’t say much ‘cause our motto is:

He who conquers himself will win.

Skoolwapen 120 jaar
Back to top button