Local book clubs are so passionate about these books, they’ll even pay you to read them

Jessica Steyn is one of our content contributors during the 35 days of lockdown in the column “Booked during lockdown with Jess and other bookworms”. In this blog she asks members of two local book clubs, Nelspruit Leeskring and Boeke-girls, to share a book that has had a meaningful impact on them, so much so that they will pay you to read them. #LockdownSouthAfrica #LockdownFor35Days #ATrioOfHobbyists

Santie Barrish recommends The Dovekeepers by Alice Hoffman

This is a spellbinding tale of four women in the desperate days during the siege of Massada. Here 900 Jews held out against the armies of the Romans for months.

These women are all dovekeepers, but also keepers of their own secrets, women who came to Massada on their own paths. When I visited Massada two years ago I almost heard their voices on the wind.

Daleen Mulder beveel The Poisonwood Bible deur Barbara Kingsolver aan

Hierdie boek het die lewe van die mense van Afrika so uitstekend vasgevang, dat ek vir die eerste keer gevoel het daar is nog iemand wat die hart van Afrika beleef het soos ek as kind. En dan die storie.

Die misplaasde “goedheid” van die prediker wat nóg sy familie, nóg die bevolking enigsins verstaan het. Hy het sy ideale op almal om hom projekteer, sonder insig in homself. Die storie is aangrypend en geloofwaardig. Vir my was dit n meesterstuk.

Barbara het die millieu waarin dit afspeel goed vasgevang. Dit was geloofwaardig en die tema is tydloos. “Know thyself,” soos Socrates gesê het. Jy kan vir niemand iets beteken as jy nie jou eie hart ondersoek nie. 

Ronelda Jordaan beveel Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden aan

Die epiese omvang van dié boek sal jou oorrompel. Daar is nie ‘n aspek van die menslike kondisie wat nie aangeraak word nie; soms rakelings, soms diepsnydend. Om die beurt sal jy kliphard lag, of laaie omdop op soek na kalmeerpille as die realiteit van ons toekoms jou tref (jy het gedink koronavirus is erg…), of sommer net jou tone omkrul vir die bitter mooi wat Van Heerden met woorde kan maak.

Dit is my wens dat elke Suid-Afrikaner die boek sal lees, eerstens vir die oorwoë insig en deernis wat dit vir mekaar bring, en tweedens vir die hoop wat dit gee dat “die dam van gedeelde menslikheid” nooit leeg sal loop nie.

ALSO READ: Lockdown Book Review: All The Missing Girls by Megan Miranda

Rieteke Berrington recommends The Side of the Sun at Noon by Hazel Crampton

This is the extraordinary physical journey of a female writer, single parent of two young children, whom she took along with her when she was researching the facts behind the strange story of the Chobona, the mysterious long-haired people who lived deep in the hinterland of South Africa.

In 1657 Jan van Riebeeck met a Khoikhoi chief, Chaihantima, who came to the fort from the eastern side of the country. He told stories about the long-haired Chobona people, who were rich in gold, lived in stone houses and planted rice and vegetables. Of course this reminded Van Riebeeck of the riches of the land of Monomotapa and he was inspired to find these people and their treasures.

Hazel Crampton’s physical journey of research sheds new light on an exciting part of SA history about which little was known before. She is also a wonderful storyteller.

This book makes me respect the indigenous people of SA and their great knowledge of the land with its deserts and extreme temperatures.

ALSO READ: The Hunting Party by Lucy Foley

Annamarie van der Linde beveel  Sapiens: A Brief History of Humankind deur Yuval Noah Harari aan

‘n Boek wat my ‘n diep en belangrike insig gegee het oor die mens, sy geskiedenis en dryfkragte.

‘n Mens hoef nie noodwendig met Harari saam te stem oor al sy teorieë en gevolgtrekkings nie, maar dit lei tot nadenke oor die mens en sy verskillende stelsels.

Bets Kloppers beveel Die bedonnerde diva deur Sophia Kapp aan

Hierdie boek raak ernstige kwessies op ‘n verteerbare wyse aan. Dit laat jou dink oor die lot van vrouens wat vasgevang is in ongemaklike verhoudings en bang is om daaroor te praat; die mag van ‘n narsistiese verhouding op ‘n gesin en vriendekring.

Sy spreek ook die kwessie van opheffing van een kind en die vernedering van ‘n andersdenkende kind aan. Die pyn wat hulle in sulke verhoudings beleef is eg menslik en word met empatie begandel. Haar basiese beginsels van ‘n diva som amper die hele boek op.

‘n Mens word nie sommer ‘n diva oornag nie. Sonder ‘n ingebore kompas vir wat werk en wat nie werk nie, is jy verlore. Dit verg oefening, deursettingsvermoë en toewyding.

Elza Vorster beveel  Kringe in die bos deur Daleen Matthee aan

Internasionale sukses; in 14 tale vertaal. Aangrypende verhaal oor die uitwissing van olifante asook die Knysnabos. Met die boek het ek dit reggekry om gr. 11 en 12 leerders te laat lees.

Ongetwyfeld een van die leesbaarste en genietlikste romans in Afrikaans wat nog verskyn het.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version