BlogsOpinion

Inperking, dag 12: Motiveringsboodskap vir die dag

Ds. Thys Erasmus van die Gereformeerde Kerk Nelspruit deel sy bemoedigende boodskap met Suid-Afrikaners. #LockdownSouthAfrica #LockdownFor21Days

Die vreugde om God saam met sy gemeente te prys!

Skrifgedeelte: Psalm 84

Ons almal ken die spreukwoordelike “eendag!”

Mense leef mos vir eendag.  Hulle droom oor eendag. As ons kinders is, sê ons mos: “Eendag as ek groot is…”  Elke mens het `n eendag-lysie, `n droomlysie. Ideale waarna jy streef. Maar wat as daardie eendag letterlik net een dag geword het? Jou laaste dag!

LEES OOK: Lockdown day 11: Motivational message of the day

Navorsing het getoon dat baie van ons ideale vir eendag dan soos mis voor die son verdwyn, veral die stoflike of geldelike drome. Wat dan die meeste tel is die dinge in die lewe wat jou werklik gelukkig gemaak het. As “eendag” net “een dag” geword het, verander `n mens se perspektief.

Dit is iets van hierdie perspektiefverandering wat die digter van Psalm 84 vir ons verwoord:

“Een dag in u tempel is beter as ‘n duisend daar buite…”

In hierdie Psalm beskryf die digter vir ons sy grootste vreugde.  Dit wat hom die gelukkigste maak in die hele wêreld.

Wat is dit wat hom die heel gelukkigste maak? Wat so goed is dat dit sy wens sal wees as hy net een dag oor het om te lewe? In vers drie gee Hy vir ons die antwoord:

“Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat is, wil ek jubel oor die lewende God.”

Dit gaan oor die vreugde om God saam met sy gemeente te prys!

LEES OOK: Lockdown day 10: Motivational message of the day

Die afgelope weke kon gemeentes nie eredienste hou nie, maar die vreugde om die Here saam met sy gemeente te prys kon die Covid-19-virus ons nie ontneem nie. Daarvoor het al te veel gebede en te veel boodskappe die rondte gedoen tydens hierdie 21 dae waarin ons die Here geprys het. Geprys het met die wete dat eendag sal daar net een dag oor wees voor ons dit weer by ons kerkgeboue kan gaan doen.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button