Ons is vrou

Dra gerus môre swart of plaas 'n foto met 'n woord wat jy dink 'n vrou beskryf op Facebook. Saam kan ons geweld teen vroue en kinders hokslaan.

‘n Jaar of wat gelede was ek saam met my ouers in Johannesburg. Regdeur die strate was mense op straathoeke en kinders wat honger rondstaan. My hart het in my keel gesit.

Goddess.

Dit wat my egter die meeste geruk het, was vroue en kinders wat onder ‘n brug gebly het. Op die brug se mure het hulle uitgekerf “will rape for food”.

Ma.

Vir dié vrou was hul liggame ‘n manier om hul kinders en hulself aan die lewe te hou. Die ergste was toe ek ‘n man daar sien stilhou om van hul aanbod gebruik te maak.

LEES OOK: Aggenee, Augustus!

Waarheen gaan ons?

Sagmoedig.

Toe ek na die Laeveld terugkeer, het ek by ‘n tannie in haar 80’s in KaNyamazane gekuier wat vir jare gewerk het om haar eie huis te kan bou. ‘n Storm het haar huis verwoes en teen tye van haar dood vroeër vanjaar, het die plaaslike regering steeds nie hul beloftes nagekom om dit reg te maak nie.

Authentic.

Waarheen gaan ons?

Verlede jaar is twee dogtertjies deur ‘n beweerde pedofiel hier onder ons neuse seksueel aangerand. Vroeër vanjaar is die lyke van vyf vroue in die agterplaas van ‘n beweerde massamoordenaar in Masoyi gevind.

Brave.

Waarheen gaan ons?

LEES OOK: As jou salaris net ‘n naweek hou

In die lig hiervan en wat die afgelope week in die land gebeur het, het ek verskeie kollegas gevra om woorde neer te pen wat hulle voel ‘n vrou beskryf. Elkeen kon binne enkele oomblikke aan talle woorde dink om vroue op te hemel. Waarom kan almal nie?

Fierce.

Sedert verlede jaar se uitstappie na Johannesburg het ek meer bewus geword van al die onregte om ons en het ook die volgende gedig neergepen:

Ek sukkel om te slaap, Heer
Want as ek my oë toemaak kry ek elke maal seer
En as ek wil eet, dink ek deesdae twee keer
Want nou weet ek, Heer.
Ek het gesien hoe vroue en kinders onder brûe skuiling soek
En desperaat teen die konkryt uitkrap “will rape for food”
En hoe mans hul trots moes sluk om te bedel op ‘n straathoek
Terwyl een jonger as hy uit die gemak van sy BMW sit en vloek
Ek het gesien hoe ‘n ouvrou lyk wie se lyf smag na ‘n stukkie vleis
En die letsels wat agterbly na ‘n straatgeveg met ‘n vuis
En my oë het begin traan toe ek dié waarheid moes face
Maar, Here, het U nie dan juis gesterf aan die kruis
Om die sondes van ons mense heeltemal uit te wis?
En tog, Heer, is daar ‘n paar mense wat heeltemal die punt mis:

Die rykes word al ryker, maar ons land se strate lê vol lyke.

Mens.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version