BlogsOpinion

Die kuns van omgee

Om om te gee, is nie baie moeilik nie.

Daar is ‘n paar dinge in die lewe wat my regtig kwaad maak: wanneer ek nie warm water op ‘n yskoue oggend het nie, wanneer die roomysmasjien by McDonalds of KFC vir die soveelste keer buite werking is en ook die absolute selfsug van ons mensdom.

Hierdie selfsug het gister weer op Madiba-dag lelik kop uitgesteek. Vir een dag in ‘n jaar word mense aangemoedig om by ‘n liefdadigheidsprojek betrokke te raak.

LEES OOK: Hou op kla en eet ‘n sny koek

Sommige mense kan egter dit nie eers bybring nie en die wat wel aan die dag deelneem is vinnig om te vergeet van die ander 364 dae van die jaar waar jy jou medemens ook kan uithelp.

As jy een van die mense is wat heeljaar ‘n omgee-gesindheid het, wil ek vir jou baie dankie sê en hoef jy nie noodwendig hierdie storie verder te lees nie (gaan slaap – jy verdien dit!).

Aan die res, asseblief luister aandagtig want die kuns van omgee is regtig eenvoudig: Wees vriendelik, raak betrokke waar daar nood is en gee sonder om enigiets terug te verwag.

LEES OOK: Mei-maand was nie my maand nie

Ek het onlangs in ‘n winkel gesien hoe ‘n man ‘n kassier verskree omdat sy nie sy inkopies vinnig genoeg oplei nie. Te oordeel aan sy rooi gesig was hy nie meer so kwaad toe dit uitkom dat hy vergeet het, om ‘n prys op sy brood en tamaties te laat aanbring nie.

Spaar jouself dié verleentheid, wees gaaf en gee om.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button