BlogsOpinion

Hou op kla en eet ‘n sny koek

Is jy 'n tannie met 'n nat broek, 'n Job of 'n Jan Alleman?

Myns insiens kry ‘n mens drie soorte mense in die lewe as dit kom by kla.

Die eerste soort is die konstante klakous ook beter bekend as die tannie met ‘n nat broek. Vir hierdie mense is kla ‘n kompeterende sport en hulle soek gereeld goed om oor te kla want hulle moet doodeenvoudig net daardie eerste plek wen.

Hierdie is die tipe mense met wie se geskenke jy minder moeite doen (want hulle gaan in elk geval daaroor kla). Jy vra ook nie “hoe gaan dit?” nie – tensy jy drie ure af het of lus is om te huil.

Elke familie het ten minste een so ‘n persoon. Dis vir hulle wat ek net wil gil: “Hou op kla en eet ‘n sny koek sodat jy vir ‘n slag iets goed met jou mond doen.”

LEES OOK: Mei-maand was nie my maand nie

Die tweede soort is die wat nooit kla nie – oor niks. Ek noem hulle die Job’s van die samelewing want so min soos hulle kla so geduldig is hulle ook. Hulle bemoedig almal om hulle, maar vergeet soms dat hulle beter verdien en so nou en dan maar ontevrede mag wees oor iets.

Dan is daar die derde soort, die kategorie waarin die meeste van ons val, die Jan Alleman. Ons kla net genoeg oor iets sodat mense ons moet hoor, maar nie genoeg dat iemand eintlik iets daaraan doen nie.

Dit is die soort mens uit wie se mond jy tipies iets sal hoor soos: “Ek hou nou nie eintlik daarvan nie, maar dis seker maar okay.”

Ek glo dat ek self in die laasgenoemde kategorie val. Ek is die soort mens wat die tamatie van ‘n burger af sal haal, maar die sous sal los want “dit het in elk geval klaar ingetrek.”

Nie te min nie, nie te veel nie. Net genoeg.

LEES OOK: Dé! Vat my besigheidskaartjie

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button