Mei-maand was nie my maand nie

Gelukkig is dit vandag 1 Junie.

Ek het gisteraand om 22:30 tuis gekom, reg om skoene uit te skop na ‘n harde dag (nee week, nee maand), onder ‘n warm stort te gaan staan en dan snoesig in my bed te klim.

Die noodlot het egter ander planne vir my gehad.

Want toe ek uitendelik na al die veiligheidshekke en deure met ‘n hart vol hoop voor my glasdeur te staan kom, was hy tot my verbasing van die binnekant af gesluit.

En hoe meer ek trek hoe minder wil hy oopmaak.

Ek weet wel nie waarom ek verbaas was dat so iets met my gebeur – dit is tog Mei en Mei was nog nooit my maand nie.

In hierdie maand is my selfoon gesteel, my verhuurders se geyser het gebars wat my sonder warm water gelaat het en ek het ‘n maagvirus en verkoue gehad wat my aan my bed (en toilet) vasgekluister het.

LEES OOK: Dating in the Lowveld: it’s all fruits, nuts and potholes

Ek het boonop twee familiefunskies gemis want ek moes werk en my hart was in my skoene.

Nietemin het die geslote glasdeur my te genoodsaak om ‘n ander heenkome vir die aand te soek.

Gelukkig het ek ‘n engel van ‘n vriendin wat my ‘n bed vir die aand aangebied het.

Vanoggend word ek toe wakker in ‘n vreemde bed, sonder enige skoon klere en my vinger as alternatief vir ‘n tandeborsel.

En hoe aaklig dit ookal mag gewees het, het ek darem ook vanoggend wakker geword met die belofte van ‘n nuwe maand.

LEES OOK: Dé! Vat my besigheidskaartjie

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version