Editor's noteOpinion

Hoekom trou as jy nie net oë het vir een vrou?

As hy jou vanaand verneuk, hoe seker is jy hy gaan more by jou bly wanneer jy met kanker gediagnoseer word of verlam is na 'n motorongeluk? Deur dik en dun? Vir botter of vir wors

Ek is 29 jaar oud, enkellopend en wreed ontnugter. Wrééd, sê ek jou!

Ek glo aan ware liefde en soek ‘n man wat my onvoorwaardelik sal liefhê. Ek wil trou en die gemiddelde 2,3 kinders hê. Ek glo aan monogamiese (vieslike anglisisme, ek weet) verhoudings en sien nie die nut daarin om ‘n vaste verhouding aan te knoop as jy nie van plan is om getrou aan daardie een persoon te bly nie.

So is ek en ‘n vriendin, ook enkellopend, gisteraand na ‘n kuierplek hier in die stad (nié Stables), opsoek na intelligente (manlike) geselskap. Ons loop twee mans raak wat, vanweë hulle beroepe, nogal bekend is hier in die Laeveld.

Albei is baie aantreklik en getroud. Ons gesels heerlik met die een oor sy werk en alledaagse dinge in die lewe. Hy noem dat hy besorgd is oor sy vrou en babadogtertjie se veiligheid en dat hy graag nog ‘n veiligheidshek by sy huis wil laat aanbring wat hul slaapkamer van die res van die huis sal skei. Hy noem dat hy deeglik bewus is daarvan dat sy huidige beroep dalk eersdaags tot ‘n einde kan kom en dat hy moet voorsiening maak vir die toekoms. ‘n Plan B agtermekaar moet hê. Dis ‘n man met ‘n kop op sy skouers. ‘n Keeper, soos die Ingelsman sou sê.

Die ander een, daarenteen, ken nie eens my naam nie, maar maak nietemin my bra met een hand onder my trui los. Nogal met die linkerhand, waaraan ‘n silwer trouring pryk. Hy kyk my diep in die oë en vra ek moet hom in die badkamer ontmoet.

Geskok roep ek uit: “jy is dan getroud!” Hy reageer bloot deur te sê dat hy sy vrou al telkemale vir ‘n egskeiding gevra het. Asof dit iets aan die saak verander. Asof dit sy beplande ontrouheid regverdig.

Ek weet hoe lyk sy vrou. Sy is beeldskoon. Tien keer mooier as ek. Lank, nog langer donkerbruin hare, maer, atleties gebou, goed versorg. Grimering en valsnaels altyd keurig aangewend en aangeplak. Móói!

Hoekom kyk hy dan rond? Bevredig sy hom nie op fisiese of emosionele vlak nie of wat is die probleem? Terloops, ‘n goeie vriend van my glo vas ‘n man wat rondloop is soos ‘n hond wat skaapsteel – jy moét hom skiet, jy kry dit nooit uit hom uit nie.

Op pad terug huis toe wonder ek wat die einste vroulief doen terwyl haar man so skaamteloos flikflooi. Het hulle dalk ‘n verstandhouding? Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie?

Verlede jaar het ‘n ander getroude man my die hof probeer maak en toe ek hom vra hoe hy dit regkry om saans sonder ‘n skuldige gewete langs sy vrou in die bed te klim, was sy reaksie: “‘n man kan nie elke aand van dieselfde steak eet nie.”

Ek haat veralgemenings. Maar ek begin tog wonder: is daar nog enige ordentlike, beskikbare mans daarbuite wat glo aan ‘n leeftyd se geluk met net een persoon? Of het ek onrealistiese verwagtinge?

Is die punt van ‘n verhouding of huwelik nie juis om jou verbintenis tot daardie een persoon te bevestig nie? Hoekom die moeite doen en saam sewe sakke sout opeet as julle mekaar in elk geval verneuk? Is dit vir finansiële sekuriteit? Om iemand te hê wat saam met jou Kersfees en Nuwejaar kan deurbring?

Eggenote van mans (en vrouens) wat rondloop – hoe kry hulle dit reg om hulle maats alleen na geleenthede te laat gaan? Met so ‘n skaamtelose rokjagter aan jou sy, sal jy mos slapelose nagte hê. By wie lê hy vanaand? Wat is haar naam? Gaan hy ooit huis toe kom?

Hoe vertrou jy so iemand? Met enige iets of alles in jou lewe? Hy het dan voor God, familie en vriende beloof om jou vir altyd lief te hê en getrou aan jou te bly. As hy jou vanaand verneuk, hoe seker is jy hy gaan more by jou bly wanneer jy met kanker gediagnoseer word of verlam is na ‘n motorongeluk? Deur dik en dun? Vir botter of vir wors?

Dalk heg ek te groot waarde aan getrouheid. Die Bybel sê mos die liefde hou nie boek van die kwaad nie. Dit vergewe 70 maal sewe keer. Dis dalk wat hierdie vroue (en mans) doen.

Ek weet nie. Ek weet waaragtig nie meer nie. Maar die hoop beskaam nie. Dalk, net dalk, is daar tog ‘n deksel daarbuite vir hierdie pot. Iemand wat my waardes deel. Iemand wat my sal weeg en nie te lig sal vind nie.

 

 

12 Comments

  1. Nes die berig voel ek presies dieselfde soos die vrou wat hier geskryf het…
    Het die een wat verneuk geen skaamte of skuld gevoelens nie?
    Nie te min ‘n getroude man… Daar is nie ‘n kat se kans nie…
    Dit laat my 2 keer dink voor ek groot besluite maak in die lewe…
    Baie waar woorde en dis goed gese..

  2. Ek beny jou durf en daarom gaan ek jou antwoord. Meskien moet jy die getroude man se vrou bel en vra wat sy doen? 95 persent seker sy gaan nie antwoord nie want sy is ondwer verdowing vas aan die slaap tuis en sal in die oggend wonder waar kom die hoofpyn vandaan. Hierdie het ek al deeglik naevors. Sulke dwelms is vrylik beskikbaar. Meskien kan jy dit waag om eerder te vra hoeveel vrouenns verstik in die nag en word dan eers die volgende oggend met kopseer, droe mond en oe wat nie fokus wakker? Sal nie altyd stik, net die keer indien jy die gassies te diep inasem.

  3. Ongelukkig is dit n groot probleem en dink ek Nelspruit hoofsaaklik. Dis nie verniet dat Nelspruit so n groot egskeiding syfer het nie. Maar tog wil ek jou hoop gee. Ek en my man is 16 jaar getroud. Nee nie altyd gelukkig nie. Vele male wou ek hom al met n koppie gooi. Maar ten spyte van die kwibbel oor allerdaagse dinge soos kinders, geld of wie die bed moet opmaak, kan ek met volle vertroue se ek weet my man is getrou aan my. Hy gaan nie uit na sosiale funksies sonder my nie. By geleenthede waar daar nie n +1 toegelaat word nie is hy 8 uur tuis. Nugter en ek kan die verligting sien as hy by die huis inloop. Sulke mans is skaars maar hulle is daar. Moet nie hoop verloor nie. Vertrou dat jy nog die regte man gaan vind. En as jy hom vind maak seker jy leer hom eers goed ken want ongelukkig kan mens nie altyd dadelik hulle ware kleure sien nie.

    Op die punt van die vrouens wat agterwee gelaat word wil ek graag dit se: Weens my en my man se besigheid is ons gereeld (weekliks) in die aande uit by kuierplekke. Ons het so ook al baie mense ontmoet en ek is van mening dat 90% van die mans/vrouens wat by kuierplek 1 rondhang op soek na n bietjie stoutigheid se wederhelfte hang by kuierplek 2 uit met dieselfde doelwit. Waar dit begin en of hulle van mekaar se doen en late weet is ek nie seker nie. Maar dis ongelukkig so met meerderheid van paartjies. Om met so n vrou/man te gaan praat oor die wederhelfte se jagtogte help nie veel nie. Want dit pas hulle as manlief uitgaan, gee hulle kans om n jong man iewers te gaan soek. Ongelukkig het sulke mense ook niks skaamte nie. Kan nie vir jou se hoeveel vrouens het by my man aangele terwyl ek langs hom staan en visa versa. Dis skokkend.

    Al wat ek kan se is glo net en hoop vir daardie 1 uit n 1000 om oor jou pad te kom.

  4. Man Soek is Moeilikheid soek…Gaan Doen d dinge in die lewe waarvan jy hou,die regte man sal heel toevallig te voorskyn kom, die spreek woordelike ‘Soek en jy sal vind’…moet op die regte manier vir die regte ding aangewend word.

  5. Better to be single and happy then to sit with a person who will hurt you more then you deserve.

  6. Kind of funny you ladies cause when a single guy does introduce himself then you scrub him off.So ill rather be single and happy then being two faced to.

  7. It is really funny but I think a lot of men have the same problem. A good lady is very hard to find nowadays. I think a lot of this is because the wold is in a massive identity crisis (about what a gent and what a lady should be) and romance suffers.

    The days where people worked problems out is over. As soon as you are unhappy, just divorce and move on. “Independence” and “empowerment” has become way more important than going through the hard work of true love!

  8. Rokjagters sal daar altyd wees. Rede: Daar is rokke wat graag gejag wil wees.
    Tweedens: Daar is baie mans wat siek en sat is vir wat hul by die huis het. Baie vroutjies raak vet, lui en maak gladnie ‘n bydrae tot geluk in die huis nie. Daar is soveel vrouens wat net te graag wil “settle” deur te trou. Hulle verwag dan dat die man alleen verantwoordelik is vir geld en geluk. Tye het verander …. Dames julle hou nie op leef die oomblik dat jul trou nie. Daar is min vroutjies wat verstaan hoe mans se koppe werk. Die wat weet en die wat prober uitvind sal geluk in die huwelik vind. So is die lewe…..

  9. Nicolene, daar is wel getroue eggenotes, maar hulle is so min soos hoenner tanne. Mag jou sesde sintuig oortyd werk.

  10. Why look for a partner in a club or in a bar the first place and then hope to find prince charming.Ill rather go over seas and look for a girl then waist my time with a South African girl.

  11. Aan “nagevors”, lyk my jy is die lab-rot wat hulle laat snuif het aan jou eie goetertjies.Ons kan dit sien in jou spelling.Die belangrikste is dat jul kan nie veralgemeen nie.Daar is baie van ons wat baie lank en gelukkig getrou aan mekaar is.Begin net kyk na die ander een se familie en vriende kyk en kyk hoe beginselvas hy/sy is en dan praat jy verder.

Back to top button