Volstoom voort vir Laeveld Media se digitale span in 2025

Laevelder spog met puik sosialemediastatistieke vir 2024.

2024 het groot onsekerhede gebring.

Die nuus wat onse volkie getref het dat die daaglikse nuusblaaie nie meer in druk gaan verskyn nie het soos ‘n skokgolf gewaardeerde lesers hard in die maag geslaan.

Menige joernaliste was bang.

Wat van die nuus? Wat nou? Ook nie meer in druk nie?

Nie gemeenskapskoerante nie!

Laevelder-digitaal is kookwater.

Wat ‘n jaar was dit nie vir Laeveld Media nie, met statistieke wat die hoogtes ingeskiet het! En net so sal Laeveld Media se digitale afdeling ook seker maak dat ‘nuus soos dit gebeur’ so gou moontlik beskikbaar is.

LEES OOK: Nee, dit is níé die einde van koerante nie, al val die inkdrom soms om

In die Caxton-stal val die gemeenskapskoerant, Laevelder. Laevelder beloof om die nuus soos wat dit breek met integriteit op al Laeveld Media se sosialemediaplatforms uit te stuur.

En weekliks, klokslag, sal die koerant op straat wees.

Die nuus mag dalk soms ‘n klein bietjie lank vat, maar in die woorde van Irma Green, Caxton se nasionale groepsredakteur: ’Let’s be the first to get the story, but let us get it right.’

LEES OOK: Laevelder Boma-kuierteater kook behoorlik oor tydens Innibos

Tydens 2024 het Laeveld Media 4 270 102 lesers na sy webtuiste gelok.

Laevelder se landingsblad het 375 906 kliks gegenereer.

Plaaslikenuushoofopskrifte staan op 97 089 kliks, terwyl vakante poste beskikbaar op 47 989 kliks staan.

Laeveld Media kan vanjaar met die volgende top 10 artikels op sy sosialemediaplatforms spog:

1. Vyf van jong gesin in gru-ongeluk in Schoemanskloof uitgewis – 50 265 kliks
2. The Onderberg’s Zietta van Rensburg implicated in serious misconduct – 45 579 kliks
3. Murdered body suspected to be Mbombela anaesthetist found in flat – 43 758 kliks
4. No more swipe payments on the N4 toll gates from December 1: Here’s what you need to know – 38 625 kliks
5. High court suspends Onderberg attorney: Zietta scrambles to continue practising – 36 799 kliks
6. WATCH | Car crashes into truck on R40, two killed – 35 820 kliks
7. Nuwe inligting oor dubbelmoord in Mbombela werp baie lig op saak – 35 018 kliks
8. Laeveld-vrou op haar verjaardag op Limpopo-pad dood – 34 730 kliks
9. R14.4m lost in property transaction handled by Onderberg attorney – 32 846 kliks
10. Huldeblyke stroom in vir Laeveld se geliefde Monique – 32 459 kliks.

Gewis ‘n jaar van uiteenlopende artikels, maar ook ‘n duidelike refleksie dat ons lesers gereeld na vakante poste op soek is, of op Laevelder se webtuiste vir brekende nuus gaan kyk.

Op TikTok kan ons ook spog met 25,5K volgelinge – video’s wat tydens 2024 gepos is staan op meer as 13,1 miljoen.

LEES OOK: Oud-elektrisiën van Mbombela skenk boks geskiedenis

Laeveld Media se Facebook het tans 119,8K volgelinge, en gedurende die jaar het 28,8 miljoen persone na ons Facebook-blad gaan kyk. Ons het 10,4 miljoen sosialemediagebruikers bereik.

Mag 2025 vir al ons gewaardeerde sosialemediavolgelinge een van vreugde en liefde wees.

Die digitale afdeling sien uit na ‘n nuwe jaar vol nuwe hoogtes.

Exit mobile version