Local newsSchoolsSchools galleries

IN FOTO’S: Laerskool Bergland se kaskardag laat die enjins brul

Daar was 'n nuwe F1-span wat die 'enjins' by Laerskool Bergland se kaskardag laat brul het.

Nadat gure weer Laerskool Bergland se aanvanklike kaskarplanne in die wiele gery het, het dié dag uiteindelik met mag en mening op 3 September plaasgevind.

Hierdie jaar se tema was Formule 1 en die Bergies het soos wafferse F1-bestuurders hulle valhelms opgesit en die ‘enjins’ laat brul. Die dag kan aan lekker lag, baie waterpret en natuurlik so ‘n paar moeë lywe en seer arms ná die tyd geken word.

Soos ons dié klompie so gestaan en dophou het, kan Lewis Hamilton, Max Verstappen en Charles Leclerc maar gaan slaap. Daar is ‘n nuwe F1-span op die horison…

Back to top button