IN FOTO’S:Bateleur Motorskou: ‘n Vertoning van elegansie en klassieke ontwerp

Die Bateleur Motorskou het die afgelope naweek oudergewoonte talle motorentoesiaste betower.

Bateleur Landgoed was op Saterdag, 24 Augustus, die plek om te wees tydens die gewilde Bateleur Motorskou.

Motorliefhebbers en gesinne het in groot getalle opgedaag om die meer as 80 antieke en klassieke motors te bewonder. Besoekers het ook die laaste twee vragmotors wat in Suid-Afrika deur die fabriek Taco International vervaardig is, van naderby bekyk. Hierdie heldergeel en rooi vragmotors, gedoop ‘BumbleBee’ en ‘Little Red’, het vir baie opwinding gesorg.

LEES OOK: Lydenburg-ballerina een sprong nader aan haar droom

Sarame Makutu.

Die oudste motor was ‘n 1912 Model T Ford. Dít en ander gewilde modelle soos ‘n Lincoln, Cadillac, Chevrolet en nog vele meer het besoekers op ‘n nostalgiese reis deur die geskiedenis van motors geneem. Moderne motorhandelaars het ook hul nuutste modelle uitgestal vir ‘n voorsmakie van die jongste motorontwerpe en -tegnologie.

LEES OOK: Hoërskool Nelspruit boys make a clean sweep at Noordvaal Schools Hockey Tournament

Een van die voertuie by die uitstalling.

Die skou het egter meer as net motors aangebied. Kos- en drankstalletjies het Bateleur met heerlike geure gevul, terwyl kuns- en handwerkstalletjies unieke handgemaakte produkte ten toon gestel het.

Die gewilde RSG-program Brêkfis met Derrich het van vroegoggend vir vermaak gesorg met ‘n regstreekse uitsending vanaf Bateleur se stoep. Luisteraars kon daarom ook in die opwinding deel.

Die Bateleur Motorskou was nie net vir motorliefhebbers nie, maar ook ‘n viering van gemeenskap, kultuur en klassieke vakmanskap – ‘n onvergeetlike dag vir almal.

Een van die voertuie by die uitstalling.

“Ons sê baie dankie aan die Bateleur Sosiale Komitee vir hul moeite en sorg met die organisering van hierdie feestelike dag, asook aan elke motoreienaar, motorklub, motorhandelaar en besoeker wat die dag met ons gedeel het!” het Louise Snyman, Bateleur Landgoed se direkteur, gesê.

Een van die voertuie by die uitstalling.
Alita, Milandie en Pieter Blignault.
Milgnon and Koen Koekemoer.
Luné, Zildari en Rivan Kruger.
Hennie de Villiers.
Anton Repsold and Allicia Erasmus.
Edda Visagie.

 

Cathy en Helmut Muller.
Nicolene Potgieter.
Greg Duffey.
Marla Manley.
Exit mobile version