Lydenburg-ballerina een sprong nader aan haar droom

Ballet was nog altyd ’n passie vir Ilse Roos. Sy is na haar onlangse besoek aan Amerika een stap nader aan haar droom van professionele danser word.

Op net 15-jarige ouderdom maak Ilse Roos opslae ver van haar tuisdorp, Lydenburg, danksy haar toewyding en vasberadenheid.
Ilse het onlangs die geleentheid van ’n leeftyd gehad; sy het ’n gesogte danskursus by die American Academy of Ballet (AAB) Summer School of Excellence se Purchase College in New York bygewoon.

Die AAB Summer School of Excellence is ’n vooraanstaande opleidingskool in New York. Die fakulteit sluit in talle onderwysers van presterende balletskole van regoor die wêreld.
Die ervaring het nie net haar vaardighede uitgebrei het nie, maar ook haar drome om ’n professionele danser te word aangevuur.

Ilse Roos maak opslae ver van haar tuisdorp, Lydenburg, af.

Ilse se reis het met ’n diep liefde vir ballet begin, ’n passie wat sy van kleins af koester. Behalwe ballet verdiep sy haar ook in moderne, klop- en kontemporêre dans.
Haar toewyding is erken toe sy ’n 35%-borgskap tydens die American Academy of Ballet se oudisies op 12 Maart ontvang het. Om dié bekende kursus in New York by te woon het Ilse ’n aansienlike hupstoot gekry wat haar in staat gestel het om haar balletdrome na te streef.

ALSO READ: Glans én kreatiwiteit by Mnr. en Mej. NHS in Mbombela

Ilse sê dat haar ouers, Stephani en Arie, ’n konstante bron van ondersteuning was deur haar reis. Hulle het haar groei as ’n danser gesien en is deur haar onwrikbare vasberadenheid geïnspireer.

Ons het nog altyd daarin geglo om ons kinders te ondersteun in alles wat hulle aanpak. Een van die wonders van kinders grootmaak is hoe die Here nog altyd die regte mense op die regte tyd oor my kinders se pad gestuur het.

“Ilse het nog altyd ’n passie vir dans gehad,” sê Stephani. “Ons het nog altyd daarin geglo om ons kinders te ondersteun in alles wat hulle aanpak. Een van die wonders van kinders grootmaak is hoe die Here nog altyd die regte mense op die regte tyd oor my kinders se pad gestuur het. So het Ilse op die regte tyd altyd die regte dansonderwysers gehad…”
Die danskursus is van 5 Julie tot 4 Augustus in New York aangebied. Vir Ilse was die kursus meer as net ’n opvoedkundige ervaring; dit was ’n kans om haar tegniek te verfyn, by wêreldklasinstrukteurs te leer en met mededansers van regoor die wêreld kontak te maak. “Dit was ongelooflik,” onthou Ilse. “Ek het soveel geleer en soveel wonderlike mense ontmoet. Dit het my selfs meer opgewonde gemaak om dans professioneel na te streef. Die lekkerste van die hele ervaring was die klasoefeninge en optredes oor naweke.”

ALSO READ: Lydenburg vrou kyk na perdry as terapie vir kinders

Die ballerinas moes gedurende die week ’n dansroetine oefen en het dan die geleentheid gekry om dié roetine oor naweke in een van die teaters aan te bied. Die dansers het ses tot sewe uur per dag in die ateljee met oefensessies deurgebring.

Ek ry bergfiets. Dit help met fiksheid en spierbou. Ek is ook mal oor fotografie.

Met ’n duidelike visie vir haar toekoms, is sy vasbeslote om voort te gaan om haar vaardighede te slyp en nuwe geleenthede te verken. “Ek het baie geleer. ’n Mens moet die kritiek kan vat, dit nie te veel ter harte neem nie, maar wel werk aan dit wat uitgewys word. Jy is ongelukkig net so goed soos mense se dunke van jou dans,” sê sy met ’n hoopvolle glimlag.
En as sy nie dans nie? “Ek ry bergfiets. Dit help met fiksheid en spierbou. Ek is ook mal oor fotografie.”

ALSO READ: Tubatse Cricket Club win Women’s Day trophy to continue their winning streak

Die volgende groot stap is die nasionale eisteddfod wat later vanjaar voorlê. Tog behoort dié uitdaging nie kers vas te hou teen die uitdagings wat sy in New York aangepak en oorkom het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version