Marloth – ‘n bom wat wag om te bars

Verskeie rolspelers is van mening dat wilduitdunning die enigste manier is om hierdie krisis hok te slaan, maar tans sloer die Nkomazi Plaaslike Owerheid om goedkeuring daarvoor te gee.

Meer as 210 stuks wild, waarvan sowat 170 waarskynlik van die honger dood is, is die skoksyfers wat onlangs aan die lig gekom het. Dis glo na aanleiding van die aantal karkasse wat die afgelope twee en ‘n half maande uit dié vakansiedorpie verwyder moes word.

Laevelder het in Februarie berig oor die kommer wat daar onder natuurkundiges en inwoners heers oor die drastiese tekort aan weiding in die park. Deidre Joubert van Wild and Free Wildlife Rehabilitation (WFWR) het tóé al gewaarsku dat ‘n slagting onder die wildlewe gedurende die wintermaande verwag word.

Die buitensporige groot getal wild is veral ‘n gevolg daarvan dat daar die afgelope jare geen uitdunning van diere toegelaat is nie. In April is 105 karkasse verwyder, in Mei 71 en in Junie, tot dusver, nagenoeg 30.

Rooibokke vorm die grootste deel hiervan.

LEES OOK: Marlothpark moet moontlik dierebevolking uitdun om ekologiese ramp vry te spring

Hierdie getalle sluit diere in wat as gevolg van ernstige beserings en dié wat so verswak het van honger, dat hulle van kant gemaak moes word, in. Jare gelede is uitdunning wel gedoen om aanwas te beheer, maar ‘n hofinterdik wat die Marloth Park Ratepayers Association (MPRA) bekom het, het ‘n stokkie hiervoor gesteek.

@lowvelder

In vandeesweek se Wilde Woensdag saam met Wilna deel Wilna Wheater video’s en foto’s van ’n ratse nagapie (Galago moholi) wat sy onlangs in Marlothpark geneem het. #nagapie #nagapies #bushbaby #marloth #marlothparkweekend #knp #krugernationalpark

♬ original sound – Lowveld Media

Cindy Benson, die voorsitter van die MPRA, het vroeër gesê die interdik was op hulle besware oor die wyse waarop diere in die beboude dele en tussen huise geskiet is, gegrond.

Hulle, net soos WFWR, is dit eens dat die enigste manier om die oorbeweidingskrisis hok te slaan, is om dringend wild uit te dun.

@lowvelder

In vandeesweek se Wilde Woensdag saam met Wilna deel Wilna Wheater video’s en foto’s van ’n ratse nagapie (Galago moholi) wat sy onlangs in Marlothpark geneem het. #marlothpark #galago #bushbaby #bushbaby #wildsighting #knp #krugernationalpark

♬ original sound – Lowveld Media

“Ons het niks teen uitdunning nie, maar is nie te vinde vir die manier waarop dit gedoen word nie.” MPRA se voorstel is dat diere in bomas gevang word, na Lionspruit aangrensend tot Marlothpark verskuif word en daar uitgedun word.

LEES OOK: Beweerde swendelaar van Marlothpark in die hof

Hulle het selfs aangebied om die koste van die verskuiwing te befonds.

@lowvelder

A tourist to Marloth Park, Leonie Jordaan, shared this video of a ‘resident’ tortoise drinking water after a feast of apples and carrots. Jordaan appeals to residents and visitors to Marloth Park to consider little water oases like this in their gardens for birds and small animals. #marlothpark #tortoise #tortoises #tortoisesoftiktok #wild #mpumalanga #krugernationalpark

♬ original sound – Lowveld Media

Op hierdie stadium is die Nkomazi Plaaslike Owerheid glo die stok in die speke van die uitdunningsprojek.

LEES OOK: VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

Ten spyte daarvan dat daar onlangs tydens ‘n vergadering tussen die belanghebbendes in die park en die munisipaliteit ooreengekom is dat uitdunning in Junie sou begin, sloer die raad steeds om die groen lig te gee.

Verskeie navrae aan Cyril Rapinga, die woordvoerder van die raad het onbeantwoord gebly.

Exit mobile version