Jaco Jacobs bring die leesgogga na Mbombela-skole

Jaco Jacobs het kinders en personeel laat skaterlag met sy kreatiewe skryfwerk en ekspressiewe opvoering.

Die beroemde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, het verlede week weer deur die Laeveld getoer.

Jacobs het vanaf 15 tot 18 Julie by agt skole, naamlik Laerskool Laeveld, Curro Nelspruit, Laerskool Malelane, Komatipoort Akademie, Uplands Preparatory School, Flamboyant School, Laerskool Nelspruit en Laerskool Bergland besoek afgelê.

ALSO READ: SPONSORED | Roots Butchery spends Mandela Day at Mangweni school

Alieta Erasmus, Danie Slabbert, Heiletjè le Roux, Jaco Jacobs en Gerben Janse van Rensburg. > Foto: Verskaf/Laerskool Malelane

Sy doel daarmee, bo en behalwe bemarking, was om meer belangstelling in boeke onder kinders aan te wakker. Hy wou ook sy lesers ‘n kans gee om kommentaar oor sy boeke te lewer.

Jacobs sê meeste van sy werk word in afsondering gedoen word, en daarom is die terugvoer van die kinders iets baie aangenaam om te beleef. “Soms skryf ek byvoorbeeld iets in ‘n boek wat ek dink baie snaaks is, maar dan lag geen kind daarvoor nie! Dan weet ek waaraan ek kan werk,” sê Jacobs.

Hy het aan Laevelder gesê dat al die skole se gasvryheid ongelooflik was. Hy sê verder dat sy kuier in die Laeveld baie lekker was weens die heerlike vakansieweer. “Ek het gevoel of ek ‘n vakansie van die Vrystaat-winter gekry het,” het hy gesê.

ALSO READ: East Rand family murders: Evidence delays prompt postponement

Volgens Laerskool Laeveld se Maryke Ferreira sukkel 81% van die gr. 4-leerders om met begrip te lees. Daarom is hulle as skool baie dankbaar vir Jacobs se bydrae om die kinders se liefde vir lees aan te wakker.

Laerskool Malelane sê: “Hy het die leerders omtrent met sy borrelende persoonlikheid vermaak. Ons hoop die leesgogga het sommer ‘n klomp Lanies gebyt!”

“Die kinders en personeel het aan sy lippe gehang,” sê Laerskool Komatipoort se Marietjie Strassen.

Hy het beslis ‘n goeie indruk op hierdie skole gemaak.

Jacobs beskou homself al van kleintyd af as ‘n skrywer. Hy het in gr. 1 al begin kortverhale skryf, maar in hoërskool het hy begin om as beroep te skryf, deur stories na Sarie vir publikasie te stuur.

Só het hy met die beroemde skrywer, François Bloemhof, in kontak gekom. Bloemhof was die verhaleredakteur by Sarie rondom 1997 toe Jaco nog op skool was.

Hier het Bloemhof vir hom gesê dat hy ‘n kinderboekstem in sy skryfwerk toon. Teen dié tyd het Jacobs hoofsaaklik volwasse boeke geskryf.

ALSO READ: NG Moedergemeente Lydenburg bied musiekaand saam met Bernice West aan

Jaco Jacobs by Laerskool Laeveld. > Foto: Verskaf/Laerskool Laeveld

Alhoewel hy eers opstandig was oor die idee van kinderboeke skryf, is hy nou van die opinie dat skrywers van rympies tot hoendervleisstories vir kinderboeke kan skryf. Hy is vandag baie gelukkig met sy skryfwerk en -styl.

Vandat hy kinderboeke begin skryf het, het Jacobs groot sukses behaal. Hy het al 35 keer die ATKV-Kinderboektoekenning ontvang, asook baie ander toekennings.

Exit mobile version