Neil Sandilands sing ‘n laaste keer ‘Land & Sand’ in Mbombela

Dit was Neil Sandilands en Die Band se laaste Mbombela-optrede van die landswye toer.

Neil Sandilands praat nie net land en sand nie, hy sing ook “Land & Sand”.

Schalk Joubert, Neil Sandilands.

Verlede Donderdagaand, 18 Julie, het Sandilands saam met Frank Freeman op kitaar, Schalk Joubert op baskitaar en Ronan Skillen op perkussie, hierdie drie ook bekend as Die Band, hul laaste Mbombela-optrede vir hul landswye toer by Kwanyoni Lodge gemaak.

LEES OOK: Neil Sandilands toer ‘Land en Sand’ tot hier in Mpumalanga

Die toer is ook getiteld Land & Sand.

Neil Sandilands en Die Band by Kwanyoni Lodge.

Die idee met Sandilands se Land & Sand-album wat deurentyd met dié landswye toer opgevoer is, was oorspronklik om die liedjies vir die eerste keer aan die publiek voor te stel, maar toe het hy en sy musiekvervaardiger, Theo Crous, weens omstandighede die album twee weke en drie dae vóór die toer al vervaardig en vrygestel.

LEES OOK: Mbombela dans die vloer warm saam met Irene-Louise van Wyk

Neil Sandilands.

Sandilands se sub-Sahara-hart, wat regdeur sy musiek en vertonings gedemonstreer word, het ‘n vars en opwindende klank aan Afrikaanse musiek gebring.

Hy sê hy wil nie hê mense moet lae verwagtinge van Afrikaanse musiek hê nie, en hy wil die gebrek aan blootstelling aan gewigtige werk aanspreek.

“Afrikaanse musiek kort gravitas,” het hy bygevoeg.

LEES OOK: Laevelder Boma-kuierteater kook behoorlik oor tydens Innibos

Schalk Joubert.

Die gehoor by Kwanyoni Lodge was met liedjies soos “Hephzibah”, “Lei my na die water” en “Die groot niks” bederf.

Sommige van die gehoorlede het nog nooit van dié aand se treffers live gehoor nie.

@lowvelder

Neil Sandilands sing ‘Land en Sand’ by Kwanyoni Lodge. #nielsandilands #kwanyonilodge #kwanyoni #live #livemusic #lowvelder

♬ original sound – Lowveld Media

Neil Sandilands en Die Band se laaste optrede van hul landswye toer vind op 3 Augustus in Stellenbosch plaas.

LEES OOK: Feesgangers smul aan Innibos Kunstefees 2024 in Mbombela

@lowvelder

Neil Sandilands en Die Band is oor die halfpadmerk met hulle 40 dae en 40 nagte land en sand Wintertoer. Luidens Sandilands verloop die toer seepglad: “Ons toer voort, die pad kyk mooi na ons en ons kyk mooi na die pad.” Sandilands het goedgunstelik ingestem om hierdie eksklusiewe video met Laevelder en die Laevelders te deel. #nielsandilands #landensand #lowveldvibes #sandilands #40dae

♬ original sound – Lowveld Media

Exit mobile version