VIDEO: Hartsnare roer op Kaapsehoop tydens Delvillebos-gedenkdiens vir Alita Steenkamp

Tydens die jaarlikse Delvillebos-gedenkdiens was daar ‘n besonderse en gepaste oomblik toe daar ook aan wyle Alita Steenkamp in die Kaapsehoop begraafplaas in gewyde stilte, hulde gebring is.

Die jaarlikse Delvillebos-gedenkdiens is in die skilderagtige Kaapsehoop gister, Saterdag 20 Julie herdenk.

Tydens die gedenkdiens in die Kaapsehoop begraafplaas, is daar ook op gepaste wyse hulde gebring aan Alita Steenkamp, bekende skrywer en joernalis wat onlangs oorlede is.

Die gemeenskap was in rou gedompel ná die nuus van Alita Steenkamp (60), ‘n geliefde inwoner en skywer, se afsterwe Donderdagoggend, 2 Mei.

LEES OOK: Geliefde Laeveldse skrywer Alita Steenkamp op Kaapsehoop ter ruste gelê

Die geliefde skrywer is in die Kaapsehoop-begraafplaas ter ruste gelê nadat sy haar stryd met ovariële kanker verloor het. Steenkamp was getroud met De Wet Potgieter, oud joernalis, en self ook ‘n oud militêre veteraan.

LEES OOK: Gemeenskap rou oor bekende Laeveldse skywer se afsterwe

De Wet is ‘n inwoner van Kaapsehoop en die eienaar van die bekende kuierkroeg , Nagkantoor.

Dana Snyman het die spesiale oomblik tydens die gedenkdiens vasgevang op kamera en op die sosiale media kanaal, Youtube gepos.

Kyk na die video hier:

@lowvelder

A beautiful tribute to the brave South Africans who fought at Delville Wood, held at the Kaapsehoop Cemetery. delvillewood kaapsehoop warveterans warveteranshonoured southafricatiktok🇿🇦

♬ original sound – Lowveld Media

Exit mobile version