KYK: Neil Sandilands op pad na die Laeveld

Sandilands het goedgunstelik ingestem om hierdie eksklusiewe video met Laevelder en die Laevelders te deel.

Neil Sandilands en Die Band is oor die halfpadmerk met hulle 40 dae en 40 nagte se Land & Sand Wintertoer.  Luidens Sandilands verloop die toer seepglad.

“Ons toer voort, die pad kyk mooi na ons en ons kyk mooi na die pad.”

Hy en Die Band bring die Land & Sand-toer na Mpumalanga met liedjies wat nog nooit vantevore gehoor is nie.

Sandilands se debuut in Afrikaanse musiek was ’n reusesukses.                         

Kyk na die video hier:

@lowvelder

Neil Sandilands en Die Band is oor die halfpadmerk met hulle 40 dae en 40 nagte land en sand Wintertoer. Luidens Sandilands verloop die toer seepglad: “Ons toer voort, die pad kyk mooi na ons en ons kyk mooi na die pad.” Sandilands het goedgunstelik ingestem om hierdie eksklusiewe video met Laevelder en die Laevelders te deel. #nielsandilands #landensand #lowveldvibes #sandilands #40dae

♬ original sound – Lowveld Media

As ’n Sama-benoemde musikant het Sandilands en Schalk Joubert, Frank Freeman en Ronan Skillen (deur Sandilands as ‘Die Band’ benoem) verlede jaar vanaf die Kaap tot in Limpopo gereis.

Dit was glo ’n onvergeetlike ervaring.

Die Emmy-genomineerde Sandilands en sy band strek hul bene hier in Mpumalanga. Hulle probeer om in elke vertoning iets vars en nuuts na die verhoog te bring.

Vanjaar se vertoning sal meer bekende treffers soos “Gooi kole” bevat, asook liedjies wat nog nooit vantevore gehoor is nie. Hulle beplan om ’n kraakvars element te verskaf.

“Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!” sê Sandilands.

Neil Sandilands en Die Band tree op 16 Julie by Yoon’s Eatery, op 17 Julie by The Pub en op 18 Julie by Kwanyoni Lodge op.

Exit mobile version