Local news

Neil Sandilands toer ‘Land en Sand’ tot hier in Mpumalanga

Neil Sandilands en Die Band kom strek eersdaags hul kunstenaars-bene in ons geweste met hulle wintertoervertoning om die ‘normale gang van sake te optimaliseer’.

Neil Sandilands en Die Band bring die Land & Sand-toer na Mpumalanga met liedjies wat nog nooit vantevore gehoor is nie.

Sandilands se debuut in Afrikaanse musiek was ’n reusesukses.

As ’n Sama-benoemde (South African Music Awards) musikant het Sandilands en Schalk Joubert Frank Freeman en Ronan Skillen (deur Sandilands as ‘Die Band’ benoem) verlede jaar vanaf die Kaap tot in Limpopo gereis.

Dit was glo ’n onvergeetlike ervaring.

“Verlede jaar se toer was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan,” sê Sandilands.

Hulle toer weer landswyd met ’n nuwe album, Land & Sand. Hiérdie wintertoer sal Sandilands en Die Band se tweede landswye toer wees.

Sandilands wou op die Land & Sand-album bloot die ‘normale gang van sake optimaliseer’.

Saam met sy vriend en die vervaardiger, Theo Crous, het dié paar Land & Sand binne drie weke opgeneem.

Die Emmy-genomineerde Sandilands en sy band strek hul bene hier in Mpumalanga. Hulle probeer om in elke vertoning iets vars en nuuts na die verhoog te bring.

Vanjaar se vertoning sal uit die uitvoering van meer bekende treffers soos “Gooi kole” bestaan, asook liedjies wat nog nooit tevore gehoor is nie. Hulle beplan om ’n kraakvars element te verskaf.

“Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!” sê Sandilands.

Neil Sandilands en Die Band tree op 16 Julie by Yoon’s Eatery, op 17 Julie by The Pub en op 18 Julie by Kwanyoni Lodge op.

Wees op die uitkyk uit vir Laevelder se weeklikse kalender vir meer inligting oor die toer.

Back to top button