Local news

Sielkundige waarneming vir Mbombela vrou ná ‘bomdreigemente’

Die hof sal op sterkte van die verslag bepaal of die vrou, wat na bewering bomdreigemente gemaak, het toerekeningsvatbaar is.

Aneke Buitendag, die 38-jarige vrou wat voorverlede week in hegtenis geneem is nadat sy na bewering bomdreigemente gemaak het, is vir sielkundige waarneming verwys.

Buitendag is op Vryday 28 Junie aangekeer nadat sy in ‘n brief aan ‘n plaaslike radiostasie beweer het daar is bomme by die Innibos-feesterrein by Hoërskool Bergvlam, St Peter’s School en Hoërskool Nelspruit geplant.

LEES OOK: Vrou vas ná brief oor beweerde bomplantings in Mbombela

In die brief het sy die skuilnaam ‘geenomgeesa’ gebruik, maar sy is maklik vasgetrek omdat haar selfoonnommer onderaan verskyn het.

Sy het verlede Maandag 1 Julie in die hof verskyn, en die saak is tot die afgelope Maandag uitgestel sodat sy regshulp kon kry.

LEES OOK: Kyk: Laevelders ontruim na vlamme huise in Xai-Xai verswelg

Die saak is oorgerol na Dinsdag 2 Julie omdat die staat aansoek gedoen het dat Buitendag vir sielkundige waarneming gestuur moet word.

Haar verdediging het ingestem, en sy gaan na Rob Ferreira Hospitaal vir waarneming gestuur word. Die hof sal dan op sterkte van die sielkundige verslag bepaal of sy toerekeningsvatbaar is.

Die saak is tot 24 Julie uitgestel.

Back to top button