Laevelder Boma-kuierteater kook behoorlik oor tydens Innibos

Daar was nie plek vir 'n feesmuis in die Laevelder se Boma-kuierteater tydens vanjaar se Innibos nie - die feesgees het hier behoorlik gekook met 'n allegaartjie van vertonings!

Die Innibos-stof het gaan lê, maar een ding is vir seker – die feesgeesstof in die Laevelder Boma-kuierteater is hierdie jaar tydens Innibos behoorlik opgeskop!

Vanjaar was dit tot oorlopens toe vol met feesgangers.

“Hierdie jaar was die Laevelder Boma-kuierteater baie besiger as vroeër jare. Verlede jaar het ons gedink ons kan nie meer besiger wees nie, en toe gebeur vanjaar!”

Só vertel Riaan Laubser, wat as venuebestuurder en -compère in die Boma opgetree het.

@lowvelder

Riaan Loubser verwelkom die gehoor by die Laevelder Boma-kuierteater! Die produksie is van topgehalte. Sien jou by vanjaar se Innibos! #feesgees #innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media

Die Boma het in die fees se drie dae altesaam 18 vertonings op die planke gehad. Van die akteurs wat hier opgetree het was Wynand van Vollenstee, André Grové, Esther von Waltsleben, Jan-Hendrik Opperman, Tiaan Slabbert, Mel die Storieverteller en Francois Jacobs.

“Soos jy weet het die room van ons land se topkunstenaars hier opgetree. Wat ook wonderlik was om te sien, was dat die vertonings ongeveer 80% van die tyd óf heeltemal vol was en daar net staanplek oor was, óf die meeste van die tyd was die staanplekke ook reeds geneem,” sê Laubser.

Spreekwoordelik nie plek vir ‘n kunstefeesmuis nie.

 

Foto: Blake Linder

Wat die Boma uniek maak, is dat al die vertonings by die teater gratis is en reeds by jou hektoegang ingesluit is. Laevelder is die hoofborg van die Boma-kuierteater.

@lowvelder

Andrè die Skreeusnaakse Hipnotiseur het tydens sy laaste vertoning vandag in die Laevelder Boma-kuierteater gesorg vir hope vermaak! Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees #feesgees #laevelder #Innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media

“Die Boma het regtig ‘n instelling by die kunstefees geword. Ons let ook op dat al hoe meer mense jaar na jaar soontoe terugkeer. Daar is selfs feesgangers wat ‘n dag kies en dan die hele dag in die teater deurbring, van vroegoggend tot laatmiddag, en wanneer daar pouses is, dan gaan kry hule gou iets te ete en drinke.”

Lees ook: IN FOTO’S: Innibos se hoofgereg is bedien, en dit was liplek-lekker!

Die kunstenaars loof ook die Boma- en feesorganiseerders se reëlings dat alles so perfek gehardloop het, met presisie en goeie kommunikasie.

@lowvelder

Die Laevelder Boma-kuierteater is tans gepak tydens Mel die Storieverteller se opvoering. #innibos

♬ original sound – Lowveld Media

“Baie van die kunstenaars en hulle agente het na afloop van die kunstefees aangedui dat hulle volgende jaar graag weer hier sal wil optree, en trouens was daar kunstenaars by van die ander venues wat gevra het wat hulle te doen staan om self in die Boma-kuierteater te kom optree. Dis nogals ‘n veer in die hoed vir die Boma-kuierteater en die span van Innibos. Dit is baie goeie blootstelling vir die Laevelder,” vertel Laubser trots.

Dit was opvallend dat Mel die Storieverteller tydens een van haar vertonings haar dialooglyn, “Ag, gaan lees dit sommer in die koerant!” instinktief en impromptu na “Jy kan sommer die Laevelder bel!” toe verander het, tot groot vermaak van die gehoor.

Lees ook: Omtrent ’n stormloop by Innibos vir Mel se stories

Ja, jy kan maar die Laevelder bel, en ja, gaan lees dit ook sommer in die koerant.

Gemeenskapskoerante is nie dood nie, en Laevelder sien trots daarna uit om volgende jaar weer deel van die Innibos Kunstefees te wees.

Dek nou al solank die kunstefeestafel – ‘n jaar vlieg vinnig verby, dan kuier ons weer saam in die Laevelder Boma-kuierteater.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version