Local news

Omtrent ’n stormloop by Innibos vir Mel se stories

Die Laevelder Boma-kuierteater het behoorlik gekook tydens Innibos, en dit het Mel die Storieverteller heeltemal onkant gevang. Hier sy deel haar gunstelingoomblikke met Laevelder.

Mel die Storieverteller het haar gunsteling- Innibos-oomblik op haar Facebook-blad gedeel:

My laaste show by Innibos was Saterdag om 16:00 – ek hoor hoe die mense die teater instroom. Theresa van die Boma-kuierteater hardloop backstage waar ek grootoog die senuwees met ‘n paar danspassies uit my lyf probeer skud. Sy sê met ‘n groot glimlag: “Jy is populêr! Ons soek nog stoele!”

@lowvelder

Die Laevelder Boma-kuierteater is tans gepak tydens Mel die Storieverteller se opvoering. #innibos

♬ original sound – Lowveld Media

‘n Paar minute later kom Riaan, die Laevelder Boma-kuierteater se venuebestuurder, agtertoe en sê in die 15 jaar wat hy op die teaterbestuur vir Innibos is, was dit nog nooit so vol nie, veral nie met die laaste vertoning nie. Gewoonlik hol almal dan hoofverhoog toe, maar vanaand is dit stampvol en hy is sommer excited.


Ek neem skelm ‘n video so van agter deur die gordyn. Ek kyk die video, net om seker te maak dis rêrig so vol soos wat Riaan sê, want ek kon dit eers nie glo nie. En daar, onder die klanktentjie, staan Ronald met ‘n groot, trotse glimlag in sy Dik Deurmekaar-hemp.

Lees ook: IN FOTO’S: Innibos se hoofgereg is bedien, en dit was liplek-lekker!

Riaan Laubser, venuebestuurder by die Laevelder Boma-kuierteater, tydens die Innibos Kunstefees. > Foto: Bertus de Bruyn

My senuwees kalmeer en ek is reg.

Riaan kondig my aan en ek begin sing. Voor my sit ‘n see vol mense van oud na jonk – in die gehoor is ‘n eweredige mengsel mans en vroue – toe ek ‘n jaar terug begin het, het baie mense gedink my show is net vir vroue. Om al hoe meer mans in die gehoor te sien is so lekker – ek soek altyd die knorrigste oom in die skare, en as ek hom laat glimlag, dan kan ek rustig slaap.

@lowvelder

Riaan Loubser verwelkom die gehoor by die Laevelder Boma-kuierteater! Die produksie is van topgehalte. Sien jou by vanjaar se Innibos! #feesgees #innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media

Ná 50 minute van lekker lag saam met die ongelooflike spesiale gehoor, is my eerste Innibos klaar.

Ek besef hoe geseënd ek is om hierdie talent te hê wat ek kan deel. Hoe my storievertelstyl in ‘n jaar gegroei en verbeter het. Hoe ongelooflik lucky ek is om ‘n man te hê wat my ondersteun, saam met my reis, seker maak alles verloop glad en in die skare vir my staan en glimlag.

@lowvelder

Vir die derde episode van Die kort en die lank, met Laeveld Media se Jana Schlechter en Blake Linder, loop hulle die warmste en bekendste kokke op die Innibos-feesterrein raak. Kyk saam hoe ons ’n draaitjie met Frikkie die Vlieënde Feesvark en sy nefie Frikkadelletjie stap, en sien hoe hulle vir die grootste glimlaggies sorg sover hulle gaan. Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees feesgees innibos Innibos2024

♬ original sound – Lowveld Media – Lowveld Media

Ek weet al hierdie is nie noodwendig vir my nie, maar vir julle! Vir jou! Vandat ek klein is, het ek geweet ek is gemaak vir iets groter, en hier is dit nou – om jou te maak lag sodat jy net vir ‘n oomblik kan vergeet van enige stres wat op jou lê. En ek is baie happy om dit vir nog ‘n hele paar jaar te doen! Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees – dankie.

Back to top button