‘Geraamtes’ wat begrawe is dreig om op Facebook uit te klim

Die administrateur van die blad, Skeletons Unearthed, dreig om 'geraamtes' wat in die Tswale-saga begrawe is, te onthul.

Daar is ’n nuwe kampvegter in die hoek van die beleerde Onderbergse olifant, Tswale. Dit is ene Oli Olivier, wat op 18 Junie ’n Facebook-blad, Skeletons Unearthed, gestig het.

Dit is skynbaar gedoen in ’n poging om die pleidooi van die olifant wat hom tans op die plaas Lowhills in die Strydomsblok-gebied bevind, aan die klok te hang.

Lees ook: Tswale must be moved, Mbombela High Court orders

Die eintlike dryfveer agter dié blad is egter Zietta Janse van Rensburg (née Olivier), die geskorste prokureur van Malalane. Sy is geskors nadat verskeie beweerde ongerymdhede wat in haar praktyk plaasgevind het, onthul is.

Laevelder het vroeër berig oor die interdik wat deur die eienaars van die plaas Shofeeds van Parys in die Vrystaat bekom is, waarin daar opdrag gegee word dat die olifant binne sewe dae van die plaas af verwyder moet word.

Lees ook: 100km race in 25 hours for Tswale the elephant

Die respondente in die saak is Johan Moller, ’n bewoner van die plaas, en Sonell Joubert, die olifant se eienaar. Sy en die olifant se hanteerder, Amos Jivendava, woon beide op die plaas.

Joubert het Tswale vir R500 000 by die vorige eienaar van die plaas, Jan Grobler, gekoop. Shofeeds het verlede jaar die plaas vir R10 miljoen op ’n insolvensieveiling gekoop.

Lees ook: Dispute erupts over privately owned elephant near Hectorspruit

Die feite het aan die lig gekom uit verklarings van Joubert wat op die Facebook-blad geplaas is. Janse van Rensburg het tydens die interdikaansoek, wat in Mei voor regter Brian Mashile voorgekom het, probeer om die respondente te verteenwoordig.

Mashile het egter geweier dat sy verskyn, omdat sy in daardie stadium reeds geskors was. In die klankbaan op ’n video wat Janse van Rensburg op die nuwe Facebook-blad geplaas het, trek sy nie net te velde teen Mashile oor sy beslissings nie, maar dreig sy ook om ‘geraamtes’ wat sy glo namens sommige van haar kliënte moes begrawe het, te onthul. “Hulle het reg in my hand ingespeel,” sê sy op die opname.

Volgens Olivier se Facebook-blad is hy/sy die enigste administrateur, en is hy/sy op 18 Junie 1980 gebore.

’n Reeks vrae is deur Laevelder aan hierdie persoon gestuur:

Laevelder (LV): Wie is Oli Olivier, die admin van die Facebook-blad Skeletons Unearthed?
Antw: Multiple persons administer the page.

LV: Waar kan daar met dié persoon kontak gemaak word?
Antw: I would suggest you send a message to the administrator and submit your request.

LV: Wat is u betrokkenheid by die blad?
Antw: I provide information and approve the final version before publishing.

LV: Wat is die doel van die blad? Om die stryd namens die olifant te voer of om die regstelsel by te kom?
Antw: Your wording is dubious. On that note, it extends to the role of social media and modern journalism.

LV: Kan u bevestig dat die stem in die video wat op die blad geplaas is, u s’n is?
Antw: I do not do the narration.

LV: Die stem (indien dit wel u is) sê: “They played right into my hands.” Verduidelik asb. die stelling?
Antw: Is it not the point to not reveal all secrets at once?

LV: U verwys na ‘skeletons’ wat namens sommiges begrawe is. Na wie verwys u?
Antw: You will have to wait and see …

LV: Watter geraamtes het u begrawe?
Antw: More than you can imagine …

LV: Verteenwoordig u steeds mnr. Moller en me. Joubert in dié geval om die olifant se verwydering te keer?
Antw: We continue to assist them. Tswale needs every bit of support he can get.

LV: Met verwysing na die video wat jy gepubliseer het, hoekom val jy die regter aan oor sy beslissing? En sy onttrekking uit die saak?
Antw: It is not an attack on the judge, but a stern commentary on the failure of him and Lowvelder to disclose that an urgent application for his recusal was brought.

Stefan Scheepers, Shofeeds se prokureur, het dié week by navraag bevestig dat hulle bewus daarvan is dat Tswale, ten spyte van die hofbevel, steeds op die plaas is.

Hy sê sy kliënt is tans besig om regsopsies te oorweeg.

Exit mobile version