Local news

Van Paaseiers na pizzas vir gelukkige Mbombela-pryswennertjie van geskenkbewys

Wat is dan nou beter medisyne as 'n geskenkbewys van SPAR om jou dag in die hospitaal op te kikker? Amelia Fouché het onlangs uitgevind nadat sy aan Laevelder/SPAR se aanlyn Paasfees-kompetisie deelgeneem het.

Amelia Fouché (4) het sommer baie vinnig beter gevoel toe Laevelder haar verlede Dinsdag, April 2, in Mediclinic Nelspruit verras het om haar geskenkbewys van R500 aan haar te oorhandig.

Amelia was een van die vyf gelukkige wenners van ‘n R500-geskenkbewys. Sy moes op ‘n video op sosiale media vir die koerant vertel hoeveel Paaseiers sy dink iemand met R500 kan koop.

Haar antwoord was eenvoudig; met ‘n stoute glimlag het sy gesê: “‘n Hele huisvol!”

Haar koddige video het haar ‘n geskenkbewys in die sak gebring, met komplimente van SPAR.

Video: Hier is haar weninskrywing:

Sy en haar ma, Gerda, kon ongelukkig nie self die bewys by Laeveld Media se kantore kom afhaal nie. Haar ma vertel dat Amelia Sondagaand, 31 Maart, baie olik begin voel het. Sy is Maandag in Mediclinic opgeneem en is met die enterovirus gediagnoseer.

Lees ook: Lowvelder SPAR Easter Campaign winners egg-static about prizes

Soos Gerda verduidelik is dit ‘n virus wat algemeen by kinders voorkom, en dat dit die respiratoriese sisteem in die liggaam aanvaal en dan koors, sinus en hoofpyn veroorsaak.

Amelia Fouché.

Maar die geskenkbewysaflewering het sommer vinnig vir ‘n glimlag op Amelia se gesiggie gesorg. Volgens Gerda is Amelia glad nie skaam nie en baie spraaksaam en vol selfvertroue. En dit was duidelik so in die hospitaal.

Gevra wat sy alles met haar R500-geskenkbewys gaan koop, was die antwoord hard en uitbundig:

“Ek gaan pizza by die donut-SPAR koop, en ‘n paar Paaseiers as daar nog oor is.”

Die ‘donut-SPAR’ het ons bevraagteken. Haar ma het net met ‘n glimlag gesê dat dit SUPERSPAR Crossing is. “Wie kan dan al hulle lekker bederf weerstaan?”

Amelia is Woensdag 3 April ontslaan.

Back to top button