Local news

IN FOTO’S: OppiDam Vygeboom Musiekfees sorg vir opwinding en vermaak

Feesgangers is met smullekker kos en vermaak uit die boonste rakke by die OppiDam Vygeboom Musiekfees bederf.

Die OppiDam Vygeboom Musiekfees was ‘n dag uit die boonste rakke.

Saterdag 30 Maart was vol pret, sonskyn, smullekker kos en vermaak deur bekende kunstenaars. Die feesgangers is met die pragtige natuurskoon van Vygeboomdam en eManzana se berge bederf.

‘n Springkasteel en speelarea het die jongspan vermaak, terwyl die volwassenes onder die gazebo’s naby aan die verskeie kosstalletjies en die kroeg kon ontspan, lag en gesels.

Mon-Lee. > Foto’s: Chelsea Pieterse

SIEN OOK: IN FOTO’S: Laeveld-kunstenaar BIA stel enkelsnit bekend

Om 13:00 het die eerste musikant, Kris Ray, die gehoor met sy treffers vermaak. Die volgende bekende Laeveld-musikant, Lila Swift, het twee van haar eie enkelsnitte gesing, en die feesgangers het tydens haar vertolking van bekende liedjies saamgesing.

Daarna het die Moonshine Band die gehoor met hulle optrede bekoor. Die nuwe Laeveld-musikant, BIA, oftewel Bianca Swift, het die gehoor met haar nuwe enkelsnit ‘Vlekkie in my nekkie’ vermaak. Coenie Naudé het ‘n blywende indruk op die gehoor gelaat.

Later die aand het Mona-Lee die gehoor met haar vertolking van liedjies soos “Bette Davis Eyes”, “Simply the Best”, “99 Red Balloons” en vele ander vermaak.

LEES OOK: Laeveld skud vere reg met fees uit die boonste rakke

Die gehoor het na die verhoog gestroom met die optrede deur Pieter Rischmüller en sy band.
Gedurende die optredes was daar ‘n braaibroodjiekompetisie, en die wenner is gedurende Rischmüller se optrede aangekondig.

Die Inferno Fireflies het vir vermaak gesorg met hulle spoggerige vuur- en dansvertoning. Die aand is met ‘n optrede deur Doane Smith en sy band afgesluit.

Die organiseerders bedank graag al die borge wat die fees moontlik gemaak het.

Back to top button