Local news

Bekende Laeveldese skrywer en historikus Hans Bornman sterf

Ter nagedagtenis aan die geliefde Bornman, kan vriende en familie aanlyn stories, herinneringe en foto’s deel. Dié sal later in ’n Eboek vervat word en gratis beskikbaar wees.

Die geskiedskrywer, kunstenaar en uitgewer, Hans Bornman (91), is 27 Maart in die vroeë oggendure oorlede.

Hans Bornman. > Foto: Facebook/Yolandi Botha

“Hans kan gereken word as die pionier van geskiedskrywing oor die Laeveld, en sy werk vorm vandag nog die basis waarop nuwe navorsers en skrywers grootliks kan steun,” het Marius Bakkes, die ondervoorsitter van Mpumalanga Erfenis en ‘n vriend van Bornman, gesê.

Sy gesondheid het die afgelope tyd erg verswak. Hy is in Middelburg deur ‘n vriendin versorg.

Lees ook: Eerste vergadering vir boek oor ons plaaslike omgewing

Bornman is in die Laeveld gebore en het tot en met sy afsterwe hier gewoon.

QR-kode waar herinneringe, foto’s en stories van Bornman gedeel word.

Marielle Styles, Bornman se dogter, sê dat hulle graag hulle kunstige pa se lewe wil vier. Herinneringe, foto’s en stories oor Bornman kan op die aanlyn skakel gedeel word https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScOHoKMKBMMjfnp0gOx2G1RP7OkRG5FsiFjdW-loMh8L307dw/viewform?usp=sf_link. Die herinneringe sal in ’n eBoek vervat word en sal gratis afgelaai kan word, sê Styles.

In 1971 publiseer hy sy eerste boek, Aloes of South Africa. Hy publiseer ook verskeie ander boeke soos Familie Nel van Nelspruit, Hartswater, A Dictionary of Siswati Place Names, Baanbrekers van die Laeveld, Barberton Photo Album, Legendary Barmaid of Barberton en Kaapsche Hoop Village in the Mist.

In 2022 ontvang Bornman die Mpumalanga Erfenistoekenning vir sy bydrae tot die geskiedskrywing van Mpumalanga.

“Te oordeel aan sy groot hoeveelheid publikasies, maar ook die deeglike navorsing en veldwerk oor die geskiedenis van die Laeveld waaroor daar vroeër baie min opgeteken was, het hy ‘n reusebydrae gelewer,” het Bakkes gesê.

Hans Bornman en Marius Bakkes. > Foto: Facebook/Marius Bakkes

Bornman was steeds besig met navorsing en geskiedskrywing. Die bekendstelling van sy jongste boek oor die geskiedenis en mense van Hazyview sou op 13 April by ‘n boekedag by die Casterbridge Lifestyle Centre buite Witrivier plaasvind. Bakkes sal nou by die boekedag ‘n huldeblyk aan Bornman lewer.

Back to top button