Marlothpark moet moontlik dierebevolking uitdun om ekologiese ramp vry te spring

Dit wil voorkom of 'n mensgemaakte krisis 'n totale oorbevolking van diere in Marlothpark tot gevolg het. Ons bekyk hierdie kwessie van naderby. Waarskuwing: Foto's mag sensitiewe lesers ontstel.

Die gesogte natuurparadys in die Onderberg, Marlothpark, sit op ‘n bom. Eintlik eerder ‘n atoombom!

So sê Deidré Joubert, eienaar van die Wild and Free-rehabilitasiesentrum wat by natuurbewaring op dié dorp betrokke is.

“Ons sit met ‘n mensgemaakte krisis wat die totale oorbevolking van diere in die park betref. Die park het sy drakrag by verre oorskry en daar is in hierdie stadium geen weiding nie.”

LEES OOK: Beweerde swendelaar van Marlothpark in die hof

‘n Sivetkat.

Volgens Joubert is die enigste manier om die krisis te oorbrug om op grootskaal diere uit te dun.

LEES OOK: VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

“Hoe omstrede dit ook al mag wees, is dit in dié stadium al wat gaan keer dat Marloth ‘n algehele ekologiese ramp vryspring,” sê sy. “Diere vrek in groot getalle van dors en honger, en dit is nie vreemd om op ‘n gereelde basis karkasse op te tel nie.”

‘n Koedoe.

Om sake nog verder te vererger is daar diere wat ernstige beserings opgedoen het wat die park vol loop. Sy sê die beserings word hoofsaaklik veroorsaak deur diere wat meeding om voer te kry en dan in gevegte betrokke raak.

“Een van die grootste euwels en taboes vir enige natuurliefhebber is diere wat gevoer word. Ongelukkig is dit tans die enigste manier waarop diere oorleef, omdat die inwoners hulle voer.”

‘n Marloth-vlakvark na afloop van ‘n geveg.

Sy maan egter die voerdery moet met groot omsigtigheid gedoen word.

“Diere wat met die hand gevoer word mag dalk prettig wees, maar daar word dieperliggende gevare en probleme geskep. Moet ook nie kos op die grond naby die huis gooi nie. As twee diere soos koedoes of vlakvarke aan die baklei raak, gaan mense beslis seerkry. Gooi die kos eerder ‘n ent van die huis af in die veld. Dan assosieer die diere ‘n mens nie met kos nie, en sal hulle wegbly van die huise af.”

‘n Dehidrerende nagapie wat uit sy nes geval het.

Bydraend tot die tekort aan weiding, speel die versengende hittegolf ook nog ‘n vernietigende rol. “Die diere, veral die kleintjies wie se weerstand nog nie sterk genoeg is om ‘n natuurlik aanslag te hanteer nie, bly telkemale die slagoffers. Daar vrek bykans op ‘n daaglikse basis groot aantalle nagapies en voëls. Kleintjies val uit hulle nessies uit in ‘n poging om kos te kry. Klein diertjies soos vlakvarke, duikertjies en ander is te swak om by die grotes te hou, met die gevolg dat hulle agterbly en uiteindelik vrek,” sê Joubert. Sy sê as haar rehabilitasiesentrum betyds van sulke gevalle hoor, kan hulle nog ingryp.

@lowvelder

In vandeesweek se Wilde Woensdag saam met Wilna deel Wilna Wheater video’s en foto’s van ’n ratse nagapie (Galago moholi) wat sy onlangs in Marlothpark geneem het. #nagapie #nagapies #bushbaby #marloth #marlothparkweekend #knp #krugernationalpark

♬ original sound – Lowveld Media

‘n Bykomende probleem het egter die laaste paar jare kop uitgesteek – stropery. “Ons het al talle kere gekry dat mense nagapies en vlakvarkies uit Marlothpark uit smokkel. ‘n Babanagapie is so piepklein dat hy maklik in ‘n vrou se bra versteek kan word. Ons het al mense in Johannesburg opgespoor wat vlakvarkies uitgesmokkel het. Sodra die dier egter groter begin word, raak dit ‘n oorlas en wil die mense dan daarvan ontslae raak.”

@lowvelder

A resident of Marloth Park shared this video of a bush baby (a greater galago) with Lowveld Media. According to her, it’s a rare occasion, as this unique experience only occurs, if you are lucky, once or twice a year. #marlothpark #bushbaby #galago #wildanimals #wildsights #knp #krugernationalpark #mpumalangatiktoker #rare #raresighting

♬ original sound – Lowveld Media

Dié optrede en smokkelary teken in 99% van die gevalle só ‘n dier se doodsvonnis.

Nog ‘n krities bydraende faktor tot die weidingstekort is bosindringing. Hier is die twee grootste sondebokke sekelhout en lantana. “‘n Logiese teenvoeter hiervoor is ‘n behoorlike veldsbestuurplan wat die munisipaliteit moet volg, maar daar bestaan glo nie so ‘n riglyn nie. Deel van die plan sluit in om die indringerbome te vernieting. Dit is eintlik die rol van die sowat 12 veldwagters wat tans in diens van die park is.”

@lowvelder

In vandeesweek se Wilde Woensdag saam met Wilna deel Wilna Wheater video’s en foto’s van ’n ratse nagapie (Galago moholi) wat sy onlangs in Marlothpark geneem het. #marlothpark #galago #bushbaby #bushbaby #wildsighting #knp #krugernationalpark

♬ original sound – Lowveld Media

Volgens Joubert gebeur dit egter nie. Sy sê sy twyfel ook of die veldwagters genoegsame opleiding ondergaan het vir hulle taak.

‘n Ander nadelige aspek is die verdigting, wanneer die bome se blare ‘n digte kroon vorm. Omdat die kroon nie deur gewone diere gevreet kan word nie, maar uitsluitlik groteres soos koedoes en kameelperde, word dit nie behoorlik uitgedun nie. Dit veroorsaak dat sonlig nie die grond kan bereik nie, en dus nie die fotosintese aanmoedig wat die gras nodig het om te groei nie.

Exit mobile version