VIDEO: Troupant geniet sy slangontbyt in Krugerwildtuin

Om die nuwe jaar te begroet, deel Wilna Wheater ’n video met Laevelder van ’n troupant wat sy slangvangs verorber.

En in die gees van die nuwe jaar is dit dan ook spreekwoordelik “the early bird catches the worm,” oftewel, die môrestond het goud in die mond.

Lees ook: VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

Wheater vertel dat sy en haar man onlangs tydens hulle huweliksherdenking op pad van die Krokodilbrughek na Onder-Sabie in die Nasionale Krugerwildtuin op ’n troupant (lilac-breasted roller) met sy vangs afgekom het.

“Hy het ’n klein slangetjie, wat vir my na ’n molslang gelyk het, gevang. Dit was vir my verstommend dat so ’n klein voël so ’n lang slang in sy krop probeer bêre het. Die troupant het twee keer met sy vangs gevlieg. Ons moes die voertuig omdraai en hom volg om die slukproses suksesvol te kon afneem. Na die vangs het die slang nog geleef. Die troupant het hom verwoed teen die boom se tak geslaan om hom te probeer doodmaak. Hy het die slang ’n paar keer met sy bekkie probeer papdruk om seker te maak hy is dood. Daarna het die rygproses begin,” vertel sy.

Kyk die video hier: 

@lowvelder

Om die nuwe jaar te begroet, deel Wilna Wheater ’n video met Laevelder van ’n troupant wat sy slangvangs verorber. En in die gees van die nuwe jaar is dit dan ook spreekwoordelik “the early bird catches the worm,” oftewel, die môrestond het goud in die mond. Wheater vertel dat sy en haar man onlangs tydens hulle huweliksherdenking op pad van die Krokodilbrughek na Onder-Sabie in die Nasionale Krugerwildtuin op ’n troupant (lilac-breasted roller) met sy vangs afgekom het. “Hy het ’n klein slangetjie, wat vir my na ’n molslang gelyk het, gevang. Dit was vir my verstommend dat so ’n klein voël so ’n lang slang in sy krop probeer bêre het. Die troupant het twee keer met sy vangs gevlieg. Ons moes die voertuig omdraai en hom volg om die slukproses suksesvol te kon afneem. Na die vangs het die slang nog geleef. Die troupant het hom verwoed teen die boom se tak geslaan om hom te probeer doodmaak. Hy het die slang ’n paar keer met sy bekkie probeer papdruk om seker te maak hy is dood. Daarna het die rygproses begin,” vertel sy. #knp #krugernationalpark #krugerpark #birdsoftiktok #wildlife #birdslover #krugernationalparksouthafrica #krugernationalparksafari #ondersabie #lowvelder #lowveldmedia

♬ original sound – Lowveld Media

 

Laevelders kan elke Woensdag na Wilna Wheater se foto’s en video’s, wat sy in die wildtuin en Marlothpark geneem het, uitsien.

Die storie agter die beeldmateriaal sal ook verskyn. Hou Laevelder se blaaie dop: Facebook, YouTube, TikTok, Instagram en Twitter (X).

Wil jy ook graag jou wilde wildtuinfoto’s en video-ervaringe met ons deel? Stuur gerus ’n e-pos na bertus@lowvelder.co.za.

Exit mobile version