Laevelders vier Geloftefees saam
Die NG Kerk Nelspruit-Suid se Geloftefees was ’n groot baljaar met ’n smullekker ete en speletjies vir oud en jonk.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/44/2023/12/DSC_0045-780x470.jpg)
Versoeningsdag is die afgelope naweek regoor die land gevier.
Op 16 Desember 1838 het die Voortrekkers die Zoeloes verslaan. Die Voortrekkers het ’n belofte aan God gemaak om Hom elke jaar vir die oorwinning te eer en hulle nageslagte daarvan te vertel. Dit word nou as Geloftedag deur die Afrikanervolk gehuldig.
Gedurende die naweek het die NG Kerk Nelspruit-Suid dié gebeurtenis met sy jaarlikse Geloftefeeskultuuraand gevier.
LEES OOK: Kersloffees wy die feestyd in Mbombela in
Dit was ’n spesiale geleentheid waar God vereer is, sê Gerhard Lourens, die medeorganiseerder van die aand. Daar is gebraai en oud en jonk het jukskei gespeel en kettie geskiet.
LEES OOK: Kunssinnig en kreatief by die Innibos Kersmark
Lourens sê die kinders word by die geleentheid oor hulle geskiedenis, kultuur en die betekenis van die dag geleer.