Local news

Kersloffees wy die feestyd in Mbombela in

Die gaste by die Kersloffees is met lekker verversings bederf, en David Fourie en Leon Ferreira het gesorg vir die vermaak.

Vir talle beteken die Kersloffees die begin van die feestyd.

Die jaarlikse fees het die naweek van 10 Desember by die Hervormde Kerk in Belladonnastraat plaasgevind.

Lees ook: Kunssinnig en kreatief by die Innibos Kersmark

Die nabygeleë outehuise het reeds vroegoggend die vertoning bygewoon. Die bejaardes is deur David Fourie en Leon Ferreira vermaak. Die Mbombela Lions Club, die Care Buddies en Radio Laeveld het hulle met tee, koffie en verversings bederf.

Lia en Jan Joubert. > Foto: Elmarie Schoonraad

Die gróót konsert het laatmiddag begin. Fourie en Ferreira het vir die Kersvermaak gesorg. ‘n Verskeidenheid Kersliedere is deur die plaaslike kunstenaars, naamlik Debbie Kriel, Ilse Maré, Pieter Briel en Alicia van Luik, opgevoer.

Die gehoor het saamgeneurie en -gesing. Daar is ook kerse aangesteek ter nagedagtenis aan die vriende en familie wat nie meer met ons is nie.

Lees ook: FOTO’S en VIDEO: Shenay O’Brien en Lyz Dexia verf Mbombela met ’n skitterende vertoning rooi

Die Kersloffees het die regte gemoedstemming vir die feestyd geskep.

Back to top button