Local news

Garnale soos net Nellie-pa’s kan

Laerskool Nelspruit se pa's se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle het onlangs vir ’n fondsinsameling met garnale getoor.

Die Pa’s in Aksie van Laerskool Nelspruit het verlede Saterdagaand, 2 Desember, hulle jaarlikse garnaalfees met ‘n dawerende sukses gehou.

Vir slegs R700 per paartjie kon jy soveel garnale eet soos jou hart begeer!

Met vermaak van die plaaslike musikant, Brian Wilkinson, het die aanwesiges ‘n gesellige aand op die skoolterrein deurgebring, en mekaar se geselskap, die musiek en natuurlik die garnale geniet.

Conrad Cloete. > Foto’s: Chelsea Pieterse

LEES OOK: ‘n Musikale meesterklas saam met Rocco de Villiers in Mbombela

Pa’s in Aksie is vyf jaar gelede gestig en het tans 150 lede. Die groep is nie net gestig om samesyn onder die pa’s van die skool se leerders te skep nie, maar ook om te help om fondse vir die skool in te samel deur geleenthede soos die garnaalfees te organiseer.

“Ons wil ‘n kultuur van diensbaarheid onder al die pa’s van Laerskool Nelspruit skep. Pa’s wat oorgaan tot aksie. Pa’s in Aksie,” vertel dié ouergroep se Jaco Breyl.

Hy sê ook dat die garnaalfees weer vanjaar uiters suksesvol en goed ondersteun is. Hy het almal bedank, insluitend die borge wat gehelp het om die aand te laat plaasvind.

Sou jy van die Kaapsehoop Marathon se foto’s in hoë resolusie wou koop, stuur gerus ’n e-pos na stefan@lowvelder.co.za.

Back to top button