Local news

Laerskool Numbi se sewes neem aan rugbytoernooi deel

’n Vyfde plek was vir Laerskool Numbi beskore tydens die Fathers’ Ground-toernooi op Witrivier.

Tien van Laerskool Numbi se o. 13-rugbyspelers het op 3 en 4 November aan die Fathers’ Ground-sewesrugbytoernooi deelgeneem.

Die spanne is in drie groepe ingedeel.

Numbi is in die groep van vier spanne ingedeel en eindig hier tweede. Die ander spanne is Witrivier, Badplaas en Mariepskop.
Daarna het hulle na die volgende ronde gevorder, en toe ook die wedstryd gewen.

Lees ook: FOTO’S: Ontsnap saam met Wilna se foto’s na die wildtuin

Die volgende kragmeting was teen Bergland, wat ’n baie sterk span op die veld gehad het. Teen rustyd was Numbi voor, maar die span van Bergland het egter beter rugby gespeel en die stryd gewen.

Uiteindelik het Numbi vyfde geëindig.
Eugene Ngomane is as die speler van die wedstryd gekroon.

Eugene Ngomane. Foto’s: Laerskool Numbi

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button