VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

'Hulle het 'n bok gevang!' is al wat Wilna Wheater kon uiter nadat sy besef het wat sy met haar kamera in Marlothpark besig was om af te neem.

In hierdie week se Wilde Woensdag saam met Wilna deel sy videomateriaal van krokodille wat besig is om ’n bok in die Krokodilrivier te verorber.

Wilna Wheater vertel dat sy op Saterdagoggend 17 September saam met haar familie by die Henk van Rooyen-park se restaurant in Marlothpark, wat uitkyk oor die Krokodilrivier, ontbyt geniet het.

Lees ook: Wilde Woensdag saam met Wilna Wheater

“Die volgende oomblik sien ek ’n geskarrel in die rivier. Toe trek ek my Nikon P1000-kamera se lens uit om vas te stel wat aangaan, en kom op dié interessante gebeurtenis af. Die krokodille het ’n bokkie gevang. Dit lyk vir my of dit ’n rooibokkie kon wees.”

Video:

Laevelders kan elke Woensdag na haar foto’s en video’s, wat sy in die wildtuin en Marlothpark vasgevang het uitsien. Die storie agter die beeldmateriaal sal ook verskyn.

Hou Laevelder se blaaie dop: Facebook, YouTube, TikTok, Instagram en Twitter (X).

Wil jy ook graag jou wilde wildtuinfoto’s en video-ervaringe met ons deel?

E-pos gerus: bertus@lowvelder.co.za

Exit mobile version