Boeremark op Lydenburg soos altyd ‘n wenner

Kreatiewe boeremark op Lydenburg is 'n weeklikse belewenis.

Op 23 September was ‘n paar van die stalletjie-eienaars wel vir die naweek weg, maar die publiek kon nog steeds na hartelus vir snuisterye kom snuffel.

Lindie Boshoff het pragtige wol uitgestal wat sy namens Martie Joubert verkoop. Tiaan en Magdél Snyman bak die een pannekoek na die ander, en die mense het omtrent tougestaan vir dié lekkerny.
Lizette de Klerk het nie veel bekendstelling nodig nie. Haar vars groente en vrugte is altyd een van die grootste treikpleisters. Boonop het sy ‘n groot verskeidenheid vetplante en ander tipe plante om van te kies te te keur.

Lizette de Klerk en Michelle Fourie.

Lees ook: Agri Pulse

By Anita en Mari Snyman se tafel was daar ‘n verskeidenheid atjars op die spyskaart, selfs ‘n warm rooirissie-atjar, en sommiges met minder skop.

Pieter de Beer verkoop pragtige tuinpotte- en ornamente wat ideaal is om enige somertuin op te kikker. Dis alles handgemaak. Vir sommiges het hy gietvorms, en vir ander maak hy sy eie vorms uit sand.

Die groep uitstallers is elke Saterdag op die hoek van Viljoen- en Kerkstraat in die Deo Volente Eiendomme Lydenburg se parkeerarea. Besoek hulle gerus. Die stalletjies is almal teen 08:30 al oop.

Lindie Boshoff.
Anita en Mari Snyman.
Pieter de Beer.
Exit mobile version