Geniet hierdie waterpret saam met die ATKV in Mbombela

Die ATKV Laeveld-tak nooi oud en jonk uit om op 29 September sy kuieraand by die Mafunyane Waterpark saam met hom te geniet.

As jy ’n aktiwiteit soek wat die hele gesin saam kan geniet, maak seker jy merk 29 September op jou kalender af.

Die ATKV Laeveld-tak het Mafunyane Waterpark gereël dat die glybane, wat normaalweg reeds om 17:00 toemaak, van 18:00 af weer oopgemaak sal word, spesiaal vir jou!

Met braaigeriewe op Mafunyane se perseel kan dié aand deur beide oud en jonk geniet word. Terwyl die kleinspan lekker in die water baljaar, kan mamma, pappa, oom en tannie solank ’n tjoppie op die vuur gooi. En moenie bekommer as jy nie op jou tjoppie en kleinding tegelykertyd kan fokus nie, daar sal lewensredders wees om toe te sien dat almal ten alle tye veilig is.

LEES OOK: Is Mbombela Golf Club’s 17th hole the best in the country?

As jy egter wil vuurmaak, bring net jou eie toerusting saam.

“Almal is welkom om hul eie piekniemandjies en stoele saam te bring. Drinkgoed is ook welkom, solank dit blikkies of plastiekbottels is,” sê Anita Hitge van die ATKV Laeveld-tak.

Die kuieraand kos slegs R50, alle glybane ingesluit, vir soveel kere as wat jy wil.

ATKV-lede geniet gratis toegang, mits jy ’n bewys van jou lidmaatskap kan wys.

As jy saam wil kuier, skakel Anita by 072 587 1531 ná 13:00 of stuur ’n WhatsApp na 082 333 8364.

Exit mobile version