Die NG Lydenburg Suid-gemeente het verlede Dinsdag hul maandelikse vroue-aand gehou.
In Josua 3:9-11 staan daar dat Ragab vir haar geloof beloon is. Sy was ‘n prostituut wat verkenners weggesteek het wat die koning van Jerigo wou aanval. Sy en haar familie is gespaar.
Vanjaar se vroueaande fokus op vroue uit die Bybel.
Die volgende kuier vind op 1 Augustus plaas. Vroue van die hele dorp word uitgenooi om dit by te woon – dit is nie net vir gemeentelede nie.
Skakel die kerkkantoor, Bergstraat 49, by 013 235 3329 om die volgende aand by te woon.