Local news

Pumas Rugbyinstituut se 20s kry ook nou ‘n kans in ‘n nuwe Cross-Border-klubkompetisie

Vir 'n lank tyd was daar nie o. 20-rugby in die Laeveld nie, maar hierdie nuwe kompetisie hoop om die bordjies te verhang en die ontwikkeling van dié sport onder jongelinge te versterk.

Verlede maand het ‘n nuwe rugbykompetisie in die land afgeskop waarby die Laeveld se eie Pumas Rugbyinstituut betrokke is.

Die Bloubul Rugbyunie (BBRU) en UXi Sport het kragte saamgesmelt om die Cross-Border o. 20-klubkompetisie tot stand te bring.

LEES OOK: Ehlanzeni’s best cross-country athletes show their speed at Primkop Dam

“By die BBRU is een van ons strategiese doelwitte om klubrugby weer relevant te maak,” het Willem Strauss, die uniepresident, na aanvang van die kompetisie gesê. “Ons hoop dat hierdie kompetisie meer skoolverlaters sal aanmoedig om by hul plaaslike klubs en akademies aan te sluit, en dat dit ook ‘n pad na provinsiale en selfs professionele rugby vir beide spelers en afrigters sal wees. Die Cross-Border o. 20-klubkompetisie is ‘n belangrike toevoeging tot die rugbykalender. Hierdie kompetisie sal ons jong klubspelers die geleentheid en platform gee om hul vaardighede en talent ten toon te stel.”

Thea Miller, bedryfshoof van UXi Sport, sê dat hulle met dié vennootskap geleenthede wil skep vir jong rugbyspelers om hul vaardighede te ontwikkel en hul potensiaal te verwesenlik. “Deur hierdie inisiatief ondersteun ons ons plaaslike gemeenskappe, wat die ruggraat van klubrugbytalent en toeskouerondersteuning, en instrumenteel in die sportekonomie van Suid-Afrika was,” het Miller gesê.

LEES OOK: Hoërskool Nelspruit se goue Ashley doen dit weer!

Volgens JP Smit, programbestuurder by die Pumas Rugbyinstituut en hoofvaardigheidsafrigter, is die o. 20’s ‘n vreemde ouderdomsgroep om in te wees. “Die o. 20-rugby in Suid-Afrika raak verlore.” Hy sê die waarde van so ‘n kompitisie is onskatbaar.

“Jong outjies kry ‘n platform om hulself op die hoogste vlak ten toon te stel, om elke week hulself teen die bestes in sy ouderdom in die verskillende deelnemende spanne te toets.

“Vir ‘n lang tyd was daar ook nie o. 20-rugby in die Laeveld nie, so dis fenomenaal.”

Die kompetisie bestaan uit 21 spanne in drie afdelings, insluitend Noord-, Suid- en Sentraal-streke van die Blou Bulle, Cheetahs, Pumas, Griekwas, Valke, Luiperds en Westelike Provinsie se rugbyunies.

LEES OOK: Rikus Nel wins 2023 NKP Consultants Jock Open at Mbombela Golf Club.

Jimmy Stonehouse, hoofafrigter van die provinsiale span, stem saam met Smit oor die kompetisie se waarde en voeg by dat dit ook die diepte van rugby in die provinsie verhoog en so ook die poel spelers waaruit provinsiale keurders kan kies. “Uit die aard van die saak sien ons spelers raak as ons instituut teen ander speel,” het Stonehouse gesê.

“As ouens in hierdie kompetisie en die akademie presteer, dan is dit ouens wat ons werf om vir ons te kom speel.”

Stonehouse noem ook dat daar tans twee juniorspelers uit die akademie in die provinsiale span ingesluit is.

Die kompetisie het op 14 April met slegs die Noord-seksiespanne wat in aksie was, begin. Die dag daarna was die Suid-seksiespanne en die Sentraal-streekspanne aan die beurt.

LEES OOK: Airlink Pumas score 20-point win over NovaVit Griffons at Nelspruit Rugby Club

Die eindstryd sal op 30 September beslis word ná die kwart- en halfeindronde wat onderskeidelik op 16 en 23 September gespeel word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button