Diesel se swaelinhoud by depot in Onderberg tóg te hoog bevind deur laboratoriums

Miljoene rande se skade is aan dieselvoertuie berokken weens dié verhoogde inhoud en ondersoekprosesse is tans aan die gang.

Kort nadat honderde dieselvoertuie in die Onderberg by ‘n plaaslike dieseldepot brandstof ingegooi het, is probleme met hulle enjins ondervind, en het dit die eienaars miljoene rande gekos.

Kort daarna is vasgestel dat al die voertuie binne een dag sowat 80 000 liter se ‘vuil’ diesel by Lebombo Agri Petroleum (LAP) ingegooi het, wat aan Piet van Dyk van Komatipoort behoort.

Hoewel siftingstoetse wat op daardie stadium gedoen is om enige teenwoordigheid van A1-merkers (wat die teenwoordigheid van paraffien aandui en wat dikwels wederregtelik gebruik word om dieselvolume te ‘vermeerder’) gedoen is, is daar niks verdags opgemerk nie, het Van Dyk vandeesweek gesê.

LEES OOK: Fast and furious action, chess and debating at Penryn versus Uplands Derby

Kort daarna het boere, sakemanne en vervoerkontrakteurs regoor die land probleme met hulle voertuie ondervind.

Voertuie het miljoene rande se skade opgedoen en daar is deur deskundiges en werktuigkundiges vasgestel die skade aan die dieselenjins hoog waarskynlik deur ‘vuil’ diesel veroorsaak is.

Talle van die enjins se skade was só erg dat hulle nie herstel kon word nie, en met nuwes vervang moes word.

LEES OOK: Suspected hijacker under police guard in hospital following shoot-out with Bushbuckridge police

Van Dyk erken toe die klagtes begin instroom, het hulle ‘n laboratoriumanalise gedoen en daar is toe ontdek die produk nie voldoen aan die SANS 432:2016-kwaliteitvereistes nie, aangesien daar ‘n hoër as standaard hoeveelheid swael daarin was.

Te hoë vlakke swael veroorsaak ‘n koolstofneerslag wat aan die onderdele en inspuiters van dieselenjins aanpak. Dit bevorder nie net trae brandstofvoorsiening aan die enjins nie, maar vererger korrosie dramaties.

Volgens Van Dyk moes hy gedurende die Covid-pandemie noodgedwonge van verskaffer verander omdat die brandstof wat hy gewoonlik vanuit Mosambiek ontvang het, nie meer so geredelik beskikbaar was nie.

LEES OOK: R40 sinkhole causes damage to several vehicles near Drum Rock Hill

“LAP is deur ‘n agent genader wat bemarking doen namens ‘n BEE-maatskappy, NicView Investments [NVI], en wat diesel by grootmaatverskaffers aankoop.”

LAP het vanaf middel 2020 tot die eerste week van November 2022 daagliks groot volumes diesel by hulle gekoop.

“Ons het probeer om by NVI vas te stel waar hulle die brandstof aankoop, maar hulle het by monde van hul prokureurs tot vandag nog geweier om die oorsprong van die produk aan ons te openbaar. Die regsproses teen hulle gaan voort.”

LEES OOK: A Mbombela matriculant’s path made smoother

Hy sê LAP het hulle verskaffingsprosedures ‘aggressief’ aangepas, en het ‘n direkte verskaffingslyn bekom om moontlike tussengangerinmenging te verhoed.

Hy het bewerings dat hy moontlik diesel van SARS aangekoop wat in 32 tenkers op die Lebombo Border Dry Port gestoor word, ontken.

SARS het maande gelede op die vragmotors met diesel beslag gelê ween invoerongerymdhede.

LEES OOK: Police execute raid on downtown Hazyview

“SARS verkoop nie diesel aan handelaars of individue nie. Die uitbuiting van hierdie ongelukkige voorval, vermoedelik deur die mala fides van individue betrokke by kompetisie in die gemeenskap wat gerugte versprei, het LAP se reputasie ernstig geknou, tot die punt dat LAP tans kleitrap om die skade te herstel,”

Op ‘n vraag wie hy vermoed agter die sogenaamde ‘komplot’ sit, het Van Dyk gesê: “Ongelukkig is die ondersoek- en eiseproses tans in ‘n sensitiewe stadium, en is ek nie in ‘n gemaklike posisie om te veel daarop uit te brei of name te verskaf nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version