Nellies-wintersport belaai met aksie

Ses laerskole, twee van Limpopo en vier plaaslik, het mekaar die stryd aangesê op die netbalbaan en rubyveld by Laerskool Nelspruit se Herotel Premier VIII toernooi.

Laerskool Nelspruit se sportvelde was Vrydag en Saterdag 15 April, propvol aksie tydens dié skool se Herotel Premier VIII rugby- en netbaltoernooi.

Die deelnemende skole was Laerskool Nelspruit, Nelspruit Primary, Laerskool Bergland, Phalaborwa, Marble Hall en Laerskool Barberton.

Altesaam 20 netbal- en 18 rugbywedstryde is tussen dié skole gespeel.

LEES OOK: Mpumalanga’s cross-country running season is in full swing

Die gasheerskool het Saterdag hul rugbytruie en blou en geel netbalrokke oor hul koppe getrek toe hulle saam met Barberton, Phalaborwa en Marble Hall mekaar die stryd aangesê het.

Die Nellies het met Phalaborwa en Barberton op die netbalbaan afgereken en al hul wedstryde oortuigend gewen.

Die skool se A-spanne het teen Phalaborwa les opgesê en die volgende uitslae behaal:
• o. 11A wen 14-3
• o. 12A wen 19-16
• o. 13A wen 29-8.

Laerskool Nelspruit se B-spanne het hul staal teen Laerskool Barberton gewys:
• o. 11B wen 13-0
• o. 12B wen 10-6
• o. 13B wen 13-10.


Op die rugbyveld wen die Nellies sewe van hul nege wedstryde, speel een gelykop en verloor een:
• o. 9A wen Phalaborwa: 22-5
• o. 10A wen Phalaborwa: 45-0
• o. 11A wen Phalaborwa: 36-5
• Tweede span wen Nelspruit Primary: 28-0
• Tweede span verloor teen Marble Hall se eerste span: 0-21
• Tweede span wen Barberton se eerste span: 17-15
• Tweede span speel gelykop teen Bergland: 12-12
• Eerste span wen Marble Hall: 44-0
• Eerste span wen Phalaborwa: 43-0.

LEES OOK: Ratels en Rooikatte amper kop aan kop met 17-14

Bergland het die toernooi slegs op Vrydag bygewoon, waartydens hul rugbyspanne goeie uitslae behaal het:
• o. 9 verloor teen Phalaborwa: 0-40
• o. 10 wen teen Phalaborwa: 35-12
• o. 11 wen teen Phalaborwa: 39-5
• Tweede span speel gelykop teen Nelspruit: 12-12
• Eerste span wen Phalaborwa: 36-5.

Op die netbalbaan het die Bergies se o. 10-, o. 11-, o. 12- en o.13-spanne teen Phalaborwa kragte gemeet.

Behalwe vir die eerste span het die dogters teen Phalaborwa se verdediging en aanvallende spel kleigetrap. Die o. 10’s het vasgeval met vyf doele (4-9), terwyl die o. 11’s met twee doele teenoor Phalaborwa se 12 tevrede moes wees.

LEES OOK: City of Mbombela property valuation discrepancies questioned

Met die o. 12’s het dit ‘n bietjie beter gegaan, selfs al het hulle vier doele te min gehad vir ‘n oorwinning. Die span se eindtelling was 7-11.

Bergland se o. 13’s eerste span het geen keer aan hulle gehad nie, en Phalaborwa met 20-6 stof in die oë geskop. Beide op die aanval en verdediging het die Bergies vir seker die oorhand gehad.

Nelspruit Primary het ‘n dag van gemengde welslae beleef. Op die netbalbaan het drie van die vier spanne nederlae teen Phalaborwa gely.

Alhoewel die ouers getrou ondersteun het, was dit tevergeefs toe Primary se o. 10A-span met 0-15 die onderspit moes delf.

Die o. 12A-span het vir elke bal baklei, maar het nege doele gekort om te wen. Die eindtelling was 7-16.

LEES OOK: Visse byt vir Longtom Hengelklub

Die skool se eerste span (o. 13A) is ook deur Palaborwa geklop, met 6-11 op die telbord.

Dit was slegs die skool se o. 11A- span wat ‘n oorwinning kon behaal. Hulle het met 15 doele teenoor drie met die opponente afgereken.

Primary het ‘n beter dag op die rugbyveld beleef:
• o. 9 verloor teen Phalaborwa: 5-32
• o. 10 verloor teen Phalaborwa: 21-24
• o. 11 wen Phalaborwa: 24-20
• Eerste span wen Phalaborwa: 41-20
• Eerste span wen Marble Hall: 37-12.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version