Local news

Vrou wend haar na sosiale media om ou kennis van Mbombela op te spoor

Michelle Jones hoop om weer kontak te maak met die vrou wat soos 'n ma vir haar en haar suster was.

As daar nou een ding is wat jy kan inspan om ‘n lang verlore kennis te probeer opspoor, is dit sosiale media.

‘n Facebook-plasing van die ene Michelle Jones het gister, 11 April, heelwat reaksie ontvang.

Jones is op soek na ‘n kennis uit haar verlede wat sy ongeveer 39 jaar gelede gesien het.

LEES OOK: Koop nou al jou kaartjies vir Innibos!

Luidens die plasing het die kennis, Helga, haarself in die Laeveld gevestig nadat sy met ‘n avokadoboer in die Mbombela-omgewing getrou het. Helga, nou glo ongeveer 65, se eggenoot is ‘n paar jaar gelede oorlede, en Jones sê sy sal graag na haar wil uitreik.

“Sy het nooit haar eie kinders gehad nie, maar sy was soos ‘n ma vir my my en my suster, en ek sal haar graag weer wil sien,” lees die Facebook-plasing.

‘n Paar Laevelders het in die kommentaarafdeling op haar plasing gereageer en gemeld dat sy die Joubert en Seuns-padstal en Halls moet kontak, aangesien hulle moontlik haar oorlede man sou geken het.

LEES OOK: Mpumalanga se damme is tjokvol

Pippa Botha het nie alleenlik die plasing op die Facebook-blad ‘Nelspruit Nuus en Advertensies’ gesien nie, maar ook op die groep ‘Waar in die Wêreld.‘ Sy het die plasing selfs op haar persoonlike blad gedeel om Jones te probeer help met haar soektog na Helga.

Jones het ook in die plasing gemeld dat hulle voorheen in Vereeniging gewoon het, en dit is ook dan hier waar sy haar die laaste keer gesien het. “Ek is ook seker sy het vir Epol gewerk,” het Jones gesê.

Enigiemand wat Jones moontlik kan help met die soektog, kan na haar op Facebook uitreik of haar kontak by 082 611 3612.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button