Local newsNews

Nuwe stel wiele vergemaklik Lydenburger se lewe

Met ’n nuwe swart en rooi mobiliteitsbromponie kan André Vermeulen (66) weer met gemak rondry.

Vermeulen het etlike jare gelede beide sy bene weens suikersiekte verloor. Hy het ’n gewone rolstoel gehad, maar dit het hom baie ongemak veroorsaak.

Vermeulen het self Wings of Gratitude, ’n plaaslike organisasie sonder winsbejag, genader om vas te stel of daar ’n moontlikheid is dat iemand hom kan help om geld vir ’n nuwe mobiliteitsbromponie in te samel. Hy bly in die Kiepersol Woonstelle vir Bejaardes en sy bure was saam met hom bly toe sy nuwe wiele afgelewer is.

Lees ook: Vrou wend haar na sosiale media om ou kennis van Mbombela op te spoor

“Ek wil net dankie sê aan almal wat op die Wings of Gratitude-netwerk is. Ek rig versoeke op sosiale media of ons WhatsApp-groepe wanneer daar byvoorbeeld iemand in nood is. Dit neem partykeer ’n paar uur, ander kere dae of weke, maar mettertyd word daar genoeg geld ingesamel. Ons het al geld ingesamel vir ’n kind wat ’n nuwe bril benodig en nou onlangs vir ’n kind wat ’n mondoperasie moes ondergaan. Soms help ons om tot begrafniskostes by te dra,” het Toinette Keel, ’n mededirekteur van Wings of Gratitude, gesê. “Dit is alles aan die gemeenskap te danke wat omgeeharte vir hul mede-Lydenburgers het. Na die aankope of rekeninge wat vereffen is, plaas ek die faktuur op Facebook. Ons kan bewyse lewer dat elke sent aan die diensverskaffer oorbetaal is,” het Keel gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button