Mpumalanga se damme is tjokvol

Die groot meerderheid van die provinsie se damme is steeds vol, alhoewel sommiges 'n paar millimeter gedaal het.

Mpumlanga se Departement van Water en Sanitasie het hul nuutste damvlakke vir April vandag, 11 April, uitgereik.

Volgens hulle data is al die damme binne die Inkomati-uSuthu-opvangsgebied propvol nadat hulle reeds met die vorige verslag, op 3 April, hul kapasiteit bereik het.

LEES OOK: Tegnologie kan dié Laevelder help om weer gholfballe te moker

Die Witklip-, Da Gama- en Inyakadamme se watervlakke het dieselfde gebly, onderskeidelik op 100,60%, 100,29% en 100,39%.

Die res van die damme in dié opvangsgebied het in kapasiteit gering gedaal, maar almal is egter nog steeds vol.

• Nooitgedacht staan tans op 100,29%, 0,1% minder as verlede week
• Vygeboom is 100,34% vol in vergeleke met sy gewese 0,71%
• Driekopjes is 0,16% minder en nou slegs 100,62% vol
• Kwena 100,55%, teenoor verlede week se 100,63%

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version