Mpumlanga se Departement van Water en Sanitasie het hul nuutste damvlakke vir April vandag, 11 April, uitgereik.
Volgens hulle data is al die damme binne die Inkomati-uSuthu-opvangsgebied propvol nadat hulle reeds met die vorige verslag, op 3 April, hul kapasiteit bereik het.
LEES OOK: Tegnologie kan dié Laevelder help om weer gholfballe te moker
Die Witklip-, Da Gama- en Inyakadamme se watervlakke het dieselfde gebly, onderskeidelik op 100,60%, 100,29% en 100,39%.
Die res van die damme in dié opvangsgebied het in kapasiteit gering gedaal, maar almal is egter nog steeds vol.
• Nooitgedacht staan tans op 100,29%, 0,1% minder as verlede week
• Vygeboom is 100,34% vol in vergeleke met sy gewese 0,71%
• Driekopjes is 0,16% minder en nou slegs 100,62% vol
• Kwena 100,55%, teenoor verlede week se 100,63%