Local news

Laerskool Nelspruit stel sy eerste Wild en Waterfees uit

Die vorige week se reën, gepaard met dié naweek se weervoorspellings het die organiseerders van Nellies se Wild en Waterfees genoop om hierdie moeilik besluit te neem.

Die bestuur en beheerliggaam van Laerskool Nelspruit het op Dinsdag, 21 Februarie, die besluit geneem om eerskomende naweek se Wild en Waterfees uit te stel.

Luidens ‘n kennisgewing uitgereik deur die skool, is die besluit gegrond op die toestand van die skool se velde, wat as die feesterrein sou dien.

Riaan Benade gaan nie meer die gehoor op die Nellie Wild en Waterfees se verhoog vermaak nie. > Foto: Facebook

“Met die stand van sake soos vanoggend, die toestand en toeganklikheid van die velde, voorspellings en die huidige inligting tot die organiseerders se beskikking, het ons geen ander keuse as om die beplande geleentheid uit te stel nie.”

Die skool beplan wel om later hierdie jaar weer ‘n feesgeleentheid aan te bied.

Die ouers en leerders wat reeds hul kaartjies vir die fees gekoop het, sal dit later vanjaar op hierdie datum kan gebruik.

LEES OOK: IN FOTO’S: BUCO Interlaer 202Nellies Wild en Waterfees

Back to top button