Mbombela se seniors wys Mustangs hoe dit gedoen word

Nelspruit Care Buddies en Lily Care het moeite gedoen om Valentynsdag vir die ouer garde 'n prettige affêre te maak.

Hulle is dalk al oud, maar beslis nog nie koud!

Dít was op Valenstyndag duidelik te siene aan al die lywe swaai, heupe skud en hande klap by Mustangs – The Dancing Place.

Die Nelspruit Care Buddies en Lily Care-bestuur het, in samewerking met Jaco en Bianca Swart van Mustangs, saamgespan om die ouer garde van die stad met ‘n lekker opskop te bederf. “Die grootste satisfaksie is om die glimlagte op hulle gesigte te sien,” het Bianca gesê.

En dis juis deur dié breë glimlagte dat dit duidelik was dat die dag ‘n groot sukses was.

Volgens Amanda Brugman van Lily Care beoog hulle om vanjaar in Oktober weer so ‘n geleentheid te hou.

Die dag is deur talle borge, waaronder Mustangs, Citybug en Hi-Tech Security, moontlik gemaak.

Exit mobile version