IN FOTO’S: Papsopnat pret by Bergland

Laerskool Bergland het onlangs 'n wateragtige speletjiesdag gehad wat vir hope pret gesorg het.

Jy kon die ekstase in die kinderstemme hoor voor jy nog die skoolgronde betree het, soveel vreugde het ‘n speletjiesdag met meer as genoeg waterkaskenades Vrydag 28 Oktober aan die leerders van Laerskool Bergland verskaf.

Met tye het dit gelyk of die onderwysers dit selfs meer as die kinders geniet.

Wanneer ook al ‘n juffrou of meneer besluit het om die reusewaterglybaan aan te durf, was dit onder ‘n luide gejuig van die leerders.

LEES OOK: Nuwe Astro-hokkiebaan vir dié twee Witrivier-skole

Behalwe vir verskeie watergebaseerde aktiwiteite, kon die leerders ook deelneem aan ‘n sakresies of touspring, of wys hoe behendig hulle met ‘n hoepel is.

LEES OOK: En die tweetjies se metgeselle na vriendin se troue is…

Met só ‘n Vrydag sal jy enige kind se naweek behoorlik begin!

 

Exit mobile version