Nuwe reeks geselsaande neem plaas op Witrivier

Lasea Swift en Sandra Jacobs gesels oor die geskiedenis van Innibos, asook wanneer daar weer 'n volle weergawe daarvan gaan wees.

On the Couch with Lasea, ‘n nuwe reeks geselsaande met Lasea Swift, het verlede Dinsdag by Die Windpomp afgeskop.

Swift, ‘n welbekende sakevrou in die Laeveld, het onlangs na dié dorp verhuis en besluit om die eerste van hierdie geleenthede daar af te skop.
Sandra Jacobs van Innibos is op Swift se rooi bank verwelkom om oor Innibos te gesels.

Dié twee het die geskiedenis van dié Laeveldse fees bespreek, asook wanneer inwoners weer ‘n volle weergawe daarvan kan verwag. Jacobs het opgewonde meegedeel dat 2023 ‘n Innibos in al sy glorie vir die Laeveld inhou.

LEES OOK: Afriforum Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

Elke fees het dieselfde elemente, maar daar is altyd iets nuuts vir feesgangers om na uit te sien. Jacobs het gesê 2023 sal geensins anders wees nie, en dat hulle groot planne vir die fees het.

Swift het gesê hierdie reeks geselsies, waarvan die Innibos-tema eerste was, se doel is om die vrae te vra wat mense beantwoord wil hê, maar nie altyd weet hoe en deur watter kanale nie.

Sy wil mense in belangrike rolle op haar bank laat sit en insiggewende gesprekke met hulle voer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version