Laeveld 4×4 Klub skenk aan Nelspruit DBV

Die DBV sê skenkings bevoordeel nie net die hulle diere nie, maar ook diere in ander gemeenskappe.

Die Laeveld 4×4 Klub het op 29 Mei ‘n geleentheid aangebied waartydens sy lede en ander belangstellendes kon deelneem en daarmee saam ‘n skenking aan die Nelspruit DBV maak.

LEES OOK: Nuwe reeks geselsaande neem plaas op Witrivier

Daar is honde- en katkos ingesamel, wat Saterdag aan die DBV oorhandig is.

Die DBV het die klub daarvoor bedank dat hy nou een van sy begunstigdes is.

“Ons waardeer julle moeite en ondersteuning. Skenkings bevoordeel nie net die diere by ons nie, maar honderde ander minder bevoorregte diere in die gemeenskappe waar ons ons werk doen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version