Bydraes vir kermis word waardeer

Hoërskool Lydenburg het op Donderdag 24 Mei besoek by die Rusoord Tehuis vir Bejaardes afgelê. Die leerders het namens die skool 'n skenking van bestanddele gemaak vir die Rusoord se kermis asook toiletware.

Lydia Niemand, die bestuurder van die tehuis, het die leerders vir die skenking bedank. Die jaarlikse kermis vind op Vrydag en Saterdag 24 en 25 Junie plaas. Rusoord se inwoners het altyd ‘n vleistafel met baie spesiale pryse, groente en vrugte vars van die plaas af. Die tantes bak koekies, jafels en maak outydse basaarpoedings.

Lees ook: Landsdiens samel meer as 500 komberse in vir Step

Dit is maar net ‘n paar van die lekkernye wat daar sal wees. Teken solank hierdie datums in jou dagboek aan. Buite-uitstallers word ook uitgenooi om stalletjies, wat R150 kos, op te rig.
Rusoord se kermisse is altyd ‘n fees en ‘n heerlike saamkuiergeleentheid vir die hele dorp. Skakel Andrea by Rusoord by 013 235 2146 vir meer inligting.

Voor: Lydia Niemand (bestuurder van Rusoord),Latoya Mabuya, Mathilda Honiball, Jada Hamman, Marie Gouws, Marizelle de Klerk, Stephen Botha, (agter) Brent Klopper, Conrad Breitenbach en Xander van Eck.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version