Van muskadel tot muskapino by Lydenburg Wyngilde se proe

Die gilde se soetwynproe het die perfekte wyn-en-kos-pasmaats op die proef gestel.

Die Lydenburg Wyngilde se maandelikse proe op Donderdag 21 April by Café Crust het soet op die tong geval.
André du Preez van Crust het seker gemaak dat die spyskaart by die wyne aanpas om al die geure tot hul reg te laat kom.

Lees ook: Rooikatte uitgedos vir nuwe seisoen

Wynbemarker Tania Roux van Mbombela het die proe met ‘n muskapino- soet rosé afgeskop, wat gepas met die skelvisvoorgereg gesmaak het. Hierna was die uitdaging om te kyk wat die beste by Du Preez se tradisionele Hollandse “snert” pas – gerookte varksop met erte, aartappels, wortels en ‘n bosbessiesous.

Tania Roux, wynmaker van Mbombela, en Petri en Easavani Wessels.

Die keuse was tussen Cloof-wyne se Libby’s Pride semisoet wit en ‘n besonderse Cederberg Bukettraube. Laasgenoemde is as wyn van die aand aangewys.

Die lede met Du Toitskloof se rooi muskadel en Viljoensdrift se Cape Vintage Port bederf. Die muskapino soet rosé is teen R65 per bottel as beste waarde vir geld aangewys.

Die gilde se volgende proe, wat ook vir nie-lede oop is, word op Dinsdag 10 Mei by Crust aangebied.
Antonij Rupert se wynmaker kuier dan op Lydenburg. Vir meer inligting, whatsapp Gerda Whitehorn by 079 515 7799.

Lees ook:

Gordon en Elaine Hollamby (voor) saam met Laruchelle Gerber (agter), bestuurder Café Crust.

 

Exit mobile version