Hier is Mpumalanga se semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Die SMS-lyne sluit Vrydagmiddag om 12:00.

Die semifinaliste vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie is bekendgemaak, en Laevelders het tot Vrydag tyd om vir hierdie drie dorpe te stem.

Uit Mpumalanga is die drie finaliste Dullstroom, Pelgrimsrus en Kaapsehoop.

Tydens die semifinale kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ‘n geleentheid om vir hul gunstelingdorp te stem. Stemme vir Mpumalanga sluit Vrydag 29 April. Die ronde laat net 30 SMS’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

SMS die dorpsnaam na 33157 (SMS’e kos R1,50).

Aan die einde van die semifinale sal daar dus nege finaliste wees. Kwêla sal ‘n insetsel op elk van dié dorpies verfilm.

ALSO READ: Wenakker-inwoners bederf by ontspanningsoord

Wanneer al nege dorpe op Kwêla verskyn het, sal die publiek van 18:00 op 17 Julie tot 12:00 op 22 Julie vir die wendorp kan stem. Die wendorp word op 31 Julie 2022 op Kwêla aangekondig.

Dié dorp wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n advertensie van 45 sekondes oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot makietie vir Kia Dorp van die Jaar in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daardie wendorpgees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm en dit sal later vanjaar uitgesaai word.

Exit mobile version